Gaan na inhoud

Tugelarivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur SpesBona (besprekings | bydraes) op 01:15, 20 September 2012 (+ Inligtingskas)
Tugelarivier - Tugela River
Die Tugelarivier met die amfiteater in die agtergrond.
Die Tugelarivier met die amfiteater in die agtergrond.
Die Tugelarivier met die amfiteater in die agtergrond.

Kaart wat die vloei van die Tugelarivier aandui.

Oorsprong Drakensberg
Monding Indiese Oseaan
Stroomgebied Suid-Afrika
Lengte 502 km (312 myl)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 29 100 km² (11 236 myl²)

Die Tugelarivier (ook bekend as Thukela) is die grootste rivier in KwaZulu-Natal provinsie, Suid-Afrika. Die rivier het sy oorsprong in die Drakensberge, digby Mont-aux-Sources en onmiddelllik stort die water by die Tugelawaterval (948m) af. Van die Drakensberge vloei die rivier vir 520 km deur KwaZulu-Natal voor dit uitmond in die Indiese Oseaan. Die totale opvangsgebied is naastenby 29 100 km² en die landgebruik in die area is meestal bestaansboerdery en kommersiële bosbou.

Dit het 'n aantal takriviere vanuit die Drakensberge, insluitend die Kliprivier, Mooirivier en Buffelsrivier. Nog 'n noordelike takrivier is die Sondagsrivier. Dit ontvang ook die Ingaganirivier van die suid-weste en die Bloedrivier van die noord-ooste.

Dit vloei verby Bergville en Colenso, waarvan die laasgenoemde 'n belangrike slagveld was tydens die Boere-oorlog.

Stroomaf van die samevloeiing met die Buffelsrivier vloei die Tugela suid-oos in 'n kanaal tussen kranse en vallei tot dit die nou kusstrook bereik. Die mond van die Tugela is al amper toegeslik deur 'n sandbank, wat a.g.v golfaksie van die see is. Die Tugela is dus nie navigeerbaar nie.

Die Tugela het die natuurlike grens gevorm tussen Zululand en Natal totdat Brittanje Zululand geannekseer het op 9 Mei, 1887.

Die Spioenkopdam en die Woodstockdam is geleë in die Tugelarivier. Die rivier is ook deel van die Tugela-Vaal-waterprojek.