Gaan na inhoud

Pu Songling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Synthebot (besprekings | bydraes) op 06:36, 26 November 2012 (r2.7.3) (robot Verwyder: diq:Pu Songling)
Pu Songling

Pu Songling (5 Junie 164025 Februarie 1715) was 'n Sjinese skrywer, gebore in 'n arm handelaarsfamilie van Zichuan in die Shandong-provinsie. 'n Moontlikheid bestaan dat hy van Mongoolse afkoms was. Op die ouderdom van negentien het hy die xiucaigraad behaal in die publieke diens eksamen maar dit was nie totdat hy een en sewentig jaar oud was dat Songling die gongsenggraad behaal het nie. Pu Songling het sy lewe hoofsaaklik deurgebring as privaatonderwyser. Songling het Sjinese volksverhale versamel en het sy bekende boek Vreemde Verhale van 'n Sjinese Studiekamer in 1679 gebundel. Die bundel bevat heelwat metafisiese stories en is 'n goeie bron van Sjinese mitologie.

Bronnelys

  • Strange Tales from a Chinese Studio Pu Songling (Penguin Classics 2006, In Engels vertaal deur John Minford)
  • Encyclopædia Britannica 2005 Ultimate Reference Suite DVD, - P'u Sung-ling
  • Pu Songling, Encyclopædia Britannica
Hierdie artikel is deels 'n vertaling van die Engelse Wikipedia-artikel "Pu Songling".