Gaan na inhoud

Lys van nasionale tale van Indië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Synthebot (besprekings | bydraes) op 09:27, 24 Desember 2012 (r2.7.3) (robot Verwyder: it:Lingue nazionali dell'India)

Indië het 'n groot verskeidenheid gesproke tale onder verskillende groepe mense. Ten minste 30 verskillende tale, en om en by 2000 dialekte is geïdentifiseer. Die Grondwet van Indië het gestipuleer dat Hindi en Engels die twee tale is vir amptelike kommunikasie vir die nasionale regering. Verder bevat dit 'n lys van 22 geskeduleerde tale. Hierdie tale is geregtig op vereenwoordiging in die Amptelike Taalkommissie, en 'n kandidaat betrokke in 'n eksamen vir die nasionale regeringsdiens het die keuse om die eksamen te skryf in een van hierdie tale.

Soos bepaal, het Engels ophou bestaan as 'n amptelike taal ("on par with Hindi) in 1965, waarna dit bedoel is om voort te gaan as 'n "samewerkende addisionele amptelike taal" totdat die tyd aanbreek dat 'n deeglik aangestelde komitee kan besluit oor die gehele oorgang na Hindi, gebasseer op periodiese hersiening. Alhoewel, as gevolg van proteste van sommige stae soos Tamil Nadu waar daar 'n lae aantal Hindi-sprekendes is, word die tweetalige stelsel nog geïmplimenteer. As gevolg van snelle industrialisasie, en 'n bloeiende multinasionale invloed in die ekonomie, bly Engels 'n gewilde en invloedryke kommunikasiemiddel in die regering en in dag-tot-dat besigheid, en stappe om dit te vervang is effektief in die wiele gery.

Amptelike tale (Sentraal administratief)

  1. Hindi
  2. Engels (samewerkende amptelike taal)

Erkende nasionale tale van Indië (Geskeduleerde lys vir amptelike gebruik)

  1. Assamees (amptelike taal van Assam)
  2. Bengali (amptelike taal van Tripura en Wes-Bengaal)
  3. Bodo (amptelike taal van Assam)
  4. Engels (amptelike taal van Nagaland)
  5. Dogri (amptelike taal van Jammu en Kasjmir)
  6. Gujarati (amptelike taal van Dadra en Nagar Haveli, Daman en Diu, en Gujarat)
  7. Hindi (amptelike taal van Arunachal Pradesh, Andaman en die Nicobar Eilande, Bihar, Chandigarh, Chhattisgarh, Delhi, Haryana, Himachal Pradesh, Jharkhand, Madhya Pradesh, Rajasthan, Uttar Pradesh en Uttaranchal)
  8. Kannada (amptelike taal van Karnataka)
  9. Kasjmiri(amptelike taal van Jammu en Kasjmir)
  10. Konkani (amptelike taal van Goa)
  11. Maithili (amptelike taal van Bihar)
  12. Malayalam (amptelike taal van Kerala en Lakshadweep)
  13. Manipuri (Meithei) (amptelike taal van Manipur)
  14. Marathi (amptelike taal van Maharashtra)
  15. Nepalees (amptelike taal van Sikkim)
  16. Oriya (amptelike taal van Orissa)
  17. Punjabi (amptelike taal van Punjab, tweede amptelike taal van Delhi)
  18. Sanskrit
  19. Santali
  20. Sindhi
  21. Tamil (amptelike taal van Tamil Nadu en Pondicherry)
  22. Telugu (amptelike taal van Andhra Pradesh)
  23. Urdu (amptelike taal van Jammu en Kashmir, en ook sommige distrikte in Andhra Pradesh, Delhi en Uttar Pradesh)

Ander gewilde tale van Indië

(met oor die 5 miljoen sprekers maar sonder amptelike status)

  1. Awadhi (geag as 'n sub-variasie van Hindi)
  2. Bhili (Bhil stam)
  3. Bhojpuri (taal van Bihar, dikwels geag as 'n sub-variasie van Hindi)
  4. Bundeli (dikwels geag as 'n sub-variasie van Hindi)
  5. Chhattisgarhi (taal van Chhattisgarh, ook dikwels gesien as 'n sub-variasie van Hindi)
  6. Gondi (Gond stam)
  7. Hariyanavi (Haryanvi) (taal van Haryana, dikwels geag as 'n sub-variasie van Hindi)
  8. Hindustani ('n kombinasie van Hindi en Urdu. Grootendeels gepraat in die Noordelike deel van Indië.)
  9. Kanauji (taal van Uttar Pradesh, dikwels geag as 'n sub-variasie van Hindi)
  10. Kodava, gepraat in die Kodagu distrik van Karnataka
  11. Kutchi (taal van Kutch, 'n streek in Gujarat)
  12. Magadhi (taal van suidelike Bihar, dikwels geag as 'n sub-variasie van Hindi)
  13. Marwari (taal van Rajasthan, dikwels geag as 'n sub-variasie van Hindi)
  14. Tulu (gepraat deur die Tulu mense van Karnataka en Kerala)

Die Grondwet van Indië lys 18 streekstale

Sien ook

Eksterne skakels