Gaan na inhoud

Lukwart

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Lukwart
Lukwartvrug net voor dit ryp is
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
E. japonica
Binomiale naam
Eriobotrya japonica
Sinonieme

Mespilus japonica
Photinia japonica

Die lukwart (Eriobotrya japonica) is 'n vrugteboom in die subfamilie Maloideae van die familie Rosaceae, inheems aan die suidooste van Sjina. Dit word ook die Japannese medlar genoem.

Beskrywing

Dit is 'n immergroen, groterige struik of kleinerige boom met 'n ronde kroon, kort stam en wollerige nuwe blare. Die boom kan 5-10 m hoog groei, maar is gewoonlik korter, ongeveer 3-4 m.

Lukwartvrugte en -blare.
Lukwart met vrugte.

Die vrugte is op hulle soetste as hulle sag en geel is.

Gebruike

Lukwart in blom. This is a cultivar intended for home-growing, where the flowers open gradually, and thus the fruit also ripens gradually, compared to the commercially grown species where the flowers open almost simultaneously, and the whole tree's fruit also ripens together.

Eaten in quantity, loquats have a noticeable but gentle sedative effect, with effects lasting up to 24 hours.

'n Blaar van 'n lukwart, hier teen hoë vergroting, toon die algemene voorkoms van die blaar sowel as die fyn bearing.

Geskiedenis

Loquats and a Mountain Bird deur 'n onbekende Sjinese kunstenaar (1127–1279).

Die lukwart is oorspronklik 'n vrug uit die suidooste van Sjina. Dit is na Japan versprei en het reeds sedert die vroegste tye daar natuurlik voorgekom, waar dit nou reeds vir meer as 'n duisend jaar verbou word. Dit het ook natuurlik gevestig in Indië en vele ander plekke in die wêreld. Sjinese immigrante het heel waarskynlik die lukwart na Hawaii versprei.

Produksie

Japan is die grootste produseerder van lukwarte (Januarie tot Junie), gevolg deur Sjina (Maart tot Julie). Dit word ook verbou reg rondom die Middelandse see (in Siprus, Egipte, Frankryk, Israel, Italië, Albanië, Lebanon, Malta, Spanje, Morokko, Algerië, Sirië en Turkye), sowel as in Armenië, Abkhazia, Australië, Bermuda (konfyt word hier gemaak van lukwarte), Brasilië, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Portugal.

Verbouing

Dit is maklik om die lukwart te kweek en dit word ook as sierboom aangeplant. Dit was oral in Kalifornië verbou teen die 1870s. Dit floreer ook in die vogtige klimaat van suidoos-Texas, asook dwarsoor Israel. Die growwe tekstuur van die blarr verskaf 'n tropiese beeld aan tuine, en kontrasteer goed met meeste ander plante.

Eksterne skakels