Gaan na inhoud

Veelvoudige ster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Naudefj (besprekings | bydraes) op 19:36, 2 Desember 2015 (Opruim)
’n Kunstenaarsvoorstelling van die wentelbane van HD 188753, ’n driestergroep.

’n Veelvoudige ster (Engels: star system) is ’n paar sterre wat om mekaar wentel[1] en deur swaartekrag gebind word. ’n Groot getal sterre wat deur swaartekrag gebind word, word gewoonlik ’n sterreswerm, of as dit baie groot is ’n sterrestelsel (Engels: galaxy), genoem.

Terme

’n Veelvoudige ster wat uit twee sterre bestaan, word ’n dubbelster genoem. Voorbeelde is Sirius, Procyon en Cygnus X-1 (laasgenoemde bestaan waarskynlik uit ’n ster en ’n swart gat).

Veelvoudige sterre is sterregroepe wat uit drie of meer sterre bestaan.[2][3] Dié groepe is kleiner as oop sterreswerms, wat ’n ingewikkelder dinamika het en van 100 tot 1 000 sterre bevat.[4]

Voorbeelde

Twee sterre

Drie sterre

  • Polaris, die noordelike poolster
  • Alpha Centauri
  • HD 188753, in die sterrebeeld Swaan, wat bestaan uit ’n geel-, oranje- en rooidwerg
  • Xi Tauri in die sterrebeeld Bul wat uit drie blou-wit B-tipe-hoofreekssterre bestaan

Vier sterre

  • Mizar, wat dikwels aanvaar is as die eerste dubbelster wat ontdek is (1650).[5][6] Later is gevind dat hulle albei op hul eie ’n dubbelster is.[7]
  • HD 98800

Vyf sterre

  • 91 Aquarii
  • Delta Orionis

Ses sterre

Sewe sterre

Verwysings

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. "Star system" in Modern Dictionary of Astronomy and Space Technology. A.S. Bhatia, eed. Nieu-Delhi: Deep & Deep Publications, 2005. ISBN 81-7629-741-0
  2. Understanding Variable Stars, John R. Percy, Cambridge: Cambridge University Press, 2007, ISBN 0-521-23253-8.
  3. MSC—a catalogue of physical multiple stars, A.A. Tokovinin, Astronomy and Astrophysics Supplement Series 124 (1997), 75–84; aanlyn by VizieR en die Multiple Star Catalog.
  4. p. 24, Galactic Dynamics, James Binney en Scott Tremaine, Princeton University Press, 1987, ISBN 0-691-08445-9.
  5. The Binary Stars, R. G. Aitken, New York: Semi-Centennial Publications of the University of California, 1918.
  6. Vol. 1, part 1, p. 422, Almagestum Novum, Giovanni Battista Riccioli, Bononiae: Ex typographia haeredis Victorij Benatij, 1651.
  7. A New View of Mizar, Leos Ondra, URL besoek op 26 Mei 2007.
  8. Castor A and Castor B resolved in a simultaneous Chandra and XMM-Newton observation, B. Stelzer en V. Burwitz, Astronomy and Astrophysics 402 (Mei 2003), ble. 719–728.
  9. ADS 9731: A new sextuple system, A.A. Tokovinin, N. I. Shatskii, en A.K. Magnitskii, Astronomy Letters, 24, No. 6 (November 1998), ble. 795–801.
  10. Nu Scorpii in die Multiple Star Catalog.

Eksterne skakels