Gaan na inhoud

Tugelarivier

Koördinate: 28°45′0″S 28°53′45″O / 28.75000°S 28.89583°O / -28.75000; 28.89583
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Oesjaar (besprekings | bydraes) op 16:11, 24 Januarie 2016 (Vingerfout)
Tugelarivier
Tugela River
Die Tugelarivier met die Drakensberg-amfiteater in die agtergrond.
Die Tugelarivier met die Drakensberg-amfiteater in die agtergrond.
Die Tugelarivier met die Drakensberg-amfiteater in die agtergrond.
Kaart wat die vloei van die Tugelarivier aandui.
Stroomgebied Suid-Afrika
Oorsprong Drakensberg
Sytak -links Sondags, Bloed
Sytak -regs Klip, Mooi, Buffels
Monding Indiese Oseaan
Lengte 502 km (312 myl)
Monding-hoogte 0 m
Gemiddelde afloop 29 100 km2 (11 236 myl2)
Koördinate: 28°45′0″S 28°53′45″O / 28.75000°S 28.89583°O / -28.75000; 28.89583

Die Tugelarivier (ook bekend as Thukela) is die grootste rivier in die KwaZulu-Natal-provinsie, Suid-Afrika. Die rivier het sy oorsprong in die Drakensberge, ongeveer 3000 m bo seevlak, digby Mont-aux-Sources, en onmiddellik stort die water by die Tugelawaterval (948 m) af. Van die Drakensberge vloei die rivier 520 km ver deur KwaZulu-Natal voordat dit in die Indiese Oseaan uitmond. Die totale opvangsgebied is naastenby 29 100 km² en die bewerkbare grond in die gebied word meestal vir bestaansboerdery en kommersiële bosbou benut.

Dit het 'n aantal takriviere vanuit die Drakensberge, insluitend die Kliprivier, Mooirivier en Buffelsrivier. Nog 'n noordelike takrivier is die Sondagsrivier (vanselfsprekend nie te verwar met die Sondagsrivier in die Oos-Kaap nie). Dit ontvang ook die Ingaganirivier van die suidweste en die Bloedrivier van die noordooste.

Dit vloei verby Bergville en Colenso.

Stroomaf van die samevloeiing met die Buffelsrivier vloei die Tugela suidoos in 'n kanaal tussen kranse en vallei tot dit die nou kusstrook bereik. As gevolg van die golfaksie van die see is die mond van die Tugela amper toegeslik deur 'n sandbank. Die Tugela is dus nie bevaarbaar van die see af nie.

Die Spioenkopdam en die Woodstockdam is in die Tugelarivier geleë. Die rivier is ook deel van die Tugela-Vaal-waterprojek.

Geskiedenis

Die ooreenkoms van 1837 tussen die Brite magistraat in Port Natal, Gardineer en die zoeloekoning Dingane en ook die ooreenkoms van 4 Februarie 1838 tussen die voortrekkerleier Piet Retief en Dingane het albei verklaar dat die Tugelarivier die suidlikke grens van die Zoeloeland is.[1]:207[2]:101 In 1846 word die Buffelsrivier een van die grense tussen die Natal-kolonie en Zoeloeland. Die Tugelarivier vanaf die see tot sy byeenkoms met die Buffelsrivier bly nog steeds die ander grens tussen die twee lande.[1]:223

Uitsig van die Tugelariviermond van die omgewing van die "Ultimatum Tree".

Gedurende 1878 het 'n aantal verskille ontstaan tussen die Zulu-koninkryk en die Britse regering. Sir Bartle Frere, Britse Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika het die Zoeloe-koning Cetewayo na 'n vergadering ontbeid. Verteenwoordigers van die Britse regering en van Cetewayo het onder 'n wildevyeboom op die suidelike oewer van die Tugelarivier en ongeveer 6 km van die Indiese Oseaan op 11 Desember 1878 mekaar ontmoet. Hier is 'n ultimatum van Frere aangelever. Die ultimatum het tot die uitbreek van die Anglo-Zoeloe-oorlog van 1879 gelei. Die boom selfs het bekend geword as die "Ultimatum Tree".[3]

In Januarie 1879 het drie Britse kolomme Zoeloeland ingeval – twee oor kruisings oor die Buffelsrivier en een, onder die bevel van Kol Pearson, oor die Tugelarivier. Pearson se kolom het die Tugelarivier by Lower Drift (deesdae Fort Pearson) oorgegaan. Kol Durnford, bevelvoerder van 'n Vierde kolom was opgedrag om Middle Drift (deesdae Jameson's Drift) te verdedig.[2]:263[4] Selgte paaie het die koloms behinder. Daar was min brûe, maar ook was daar dongas en modder op die rivier se oewers. Pearson moet 'n pont gebruik. Dit het vyf dae geduur om 5000 manne, 384 ossewae, 3400 bagasiediere en 600 burgerlikes en bestuurders oor die rivier te vervoer.[5][6]

Toe Brittanje Zululand op 9 Mei, 1887 geannekseer het, het die Tugela opgehou om 'n politieke grens te wees, maar was nog steeds 'n fisiese grens. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog, toe Ladysmith beleër is, het die rivier verdediging aan die Boeremagte verleen. Pogings deur die Britse magte onder Redvers Buller om die rivier oor te steek het by Colenso, Vaalkrans en Spioenkop misluk. Uiteindelik het die Britte by Pieters Hill die rivier oorgesteek om Ladysmith te bevry.[7]

Vissoort

Die Tugela-moddervis is endemies aan die rivier.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 (en) Walker, Eric A (1968) [1928]. A History of Southern Africa. London: Longmans. {{cite book}}: |access-date= requires |url= (hulp)
  2. 2,0 2,1 (en) Bulpin, TV (1977) [1966]. Natal and the Zulu Country (3 uitg.). Cape Town: TV Bulpin Publications. ISBN 1-86919-924-3. {{cite book}}: |access-date= requires |url= (hulp)
  3. (en) Griffin, Charles. "Anglo-Zulu War 1879". Besoek op 2 Januarie 2016.
  4. (en) "Col A W Durnford". Military History Journal. Die Suid-Afrikaanse Krygshistoriese Vereniging. 6 (5). Besoek op 3 Januarie 2016.
  5. (en) Bryce, James (1899). Impressions of South Africa. MacMillan. {{cite book}}: Onbekende parameter |locatioj= geïgnoreer (hulp)
  6. (en) "Anglo-Zulu War 1879". Besoek op 23 Desember 2015.
  7. (en) Symons, Julian (1963). Buller's Campaign. London: The Cresent Press.