Kim Jong-oen
Kim Jong-un 김정은 | |
Hoogste Leier van Noord-Korea
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 17 Desember 2011 | |
Voorafgegaan deur | Kim Jong-Il |
---|---|
Eerste Sekretaris van die Werkersparty van Korea
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 11 April 2012 | |
Voorafgegaan deur | Kim Jong-Il (as sekretaris-generaal) |
Eerste voorsitter van die Nasionale Weermag Kommissie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 13 April 2012 | |
Voorafgegaan deur | Kim Jong-Il (as voorsitter) |
Opperbevelvoerder van die Koreaanse Volksleër
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 30 Desember 2011[1] | |
Voorafgegaan deur | Kim Jong-Il |
Voorsitter van die Sentrale Militêre Kommissie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 11 April 2012 | |
Voorafgegaan deur | Kim Jong-Il |
Adjunk-voorsitter van die Sentrale Militêre Kommissie
| |
Ampstermyn 28 September 2010 – 11 April 2012 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
Opgevolg deur | Choe Ryong-hae Ri Yong-ho |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 8 Januarie 1983 Pjongjang, Noord-Korea[2] |
Politieke party | Werkersparty van Korea |
Eggenoot/-note | Ri Sol-ju |
Kind(ers) | Kim Ju-ae |
Alma mater | Kim Il-sung Universiteit Kim Il-sung Militêre Universiteit |
Religie | geen (Ateïsme) |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Noord-Korea |
Diens/Tak | Koreaanse Volksleër |
Jare in diens | 2010–hede |
Rang | Maarskalk van die Republiek (공화국원수, Konghwaguk wonsu) |
Eenheid | Alle (Opperbevelvoerder) |
Kim Jong-un (Koreaans: 김정은; 8 Januarie 1983) is die leier van Noord-Korea se Kommunistiese Party en die land self. Hy beklee sedert Desember 2011 die titel van Hoogste Leier van Noord-Korea nadat sy pa Kim Jong-il op 17 Desember 2011 gesterf het. Sy oupa, Kim Il-sung, was die eerste leier van Noord-Korea gewees.
Daar is nie baie oor sy persoonlikheid en gewoontes bekend nie, afgesien dat hy van basketbal hou. Kim het sy opvoeding in die Weste ontvang. Hy het van 1998 tot 2000 'n staatskool in Switserland bygewoon en homself as 'n diplomaat se seun, genaamd Pak Un, voordoen. Kim het na berig word later die Kim Il-sung Militêre Universiteit in Pyongyang bygewoon. Toe sy ma in 2004 aan kanker oorlede is, het hy hom aan drank en kos vergryp. Sy gewig het tot byna 200 pond[3] opgeskiet. Hy is in 2009 met Ri Sol-ju getroud en hulle het in 2010 'n dogter ryker geword. Hy is die wêreld se jongste staatshoof.
Verwysings
- ↑ (en) "N.Korea declares Kim Jong-Un commander of military". Agence France-Presse. 30 Desember 2011. Besoek op 17 Augustus 2014.
- ↑ (en) "Rodman Gives Details on Trip to North Korea". The New York Times. 9 September 2013. Besoek op 17 Augustus 2014.
- ↑ Who is North Korea's secretive Kim Jong Un?
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kim Jong-oen.
- (en) People in DPRK news. Besoek op 17 Augustus 2014.