Gaan na inhoud

Wikipedia:Skryfweek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die idee van 'n skryfweek ontstaan in 2018 in die Geselshoekie. Die skryfweek behels 'n week waartydens alle gebruikers uitgenooi word om soveel as moontlik oor 'n bepaalde onderwerp te skryf.

In teenstelling met 'n skryfwedstryd, waar 'n wenner deur 'n paneel gekies word en 'n prys of pryse toegeken word, is 'n skryfweek eerder 'n byeenkoms van vrywilligers wat tot voordeel van Wikipedia die dekking van 'n spesifieke onderwerp wil verbeter deur belangrike artikels, sjablone, en saadjies rondom daardie onderwerp te skep.

Almal is welkom om onderwerpe te nomineer vir 'n skryfweek. Voeg eenvoudig 'n hofie onderaan hierdie bladsy volgens die voorbeeld van die bestaande nominasies.

Die volgende skryfweek begin op Maandag, 23 September 2019 en eindig op Sondag, 29 September 2019. Die onderwerp sal teen Sondag, 22 September 2019 aangewys word gebaseer op die aantal stemme ten gunste daarvan asook (in die geval van gelykop stemme) in die volgorde waarin dit genomineer is.

Huidige skryfweek

  • Geen skryfweek is tans aan die gang nie

Volgende skryfweek

  • Geen (ses maande na die eerste skryfweek)

Naderende skryfweke

  • Geen

Voorstelle