Gaan na inhoud

Vlag van Anguilla

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Fry1989 (besprekings | bydraes) op 17:04, 1 September 2021 (Image renamed. (GlobalReplace v0.6.5))
Vlag van Anguilla
Vlag van Anguilla
Vlag van Anguilla
Gebruik Burgerlike- en Staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en staatsvaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 30 Mei 1990[1]
Ontwerp ’n Blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.

Die nasionale vlag van Anguilla is op 30 Mei 1990 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n blou Britse vaandel met die eiland se wapenskild op die wapperkant.

Simboliek

Die drie oranje dolfyne in die wapenskild op die vlag stel deursettingsvermoë, eenheid en krag voor en is in ’n sirkel wat kontinuïteit voorstel. Die wit agtergrond stel vrede en rustigheid voor en die turkoois strook onderaan die skild stel die omliggende see asook geloof, jeug en hoop voor.[2]

Geskiedenis

Tot 1967 was die Britse Union Jack die enigste amptelike vlag van Anguilla. Die rewolusie van 1967 het egter ’n nuwe vlag opgelewer. Dit was ’n rooi vlag waarop twee meerminne wat ’n skuld vashou op ’n blou skild verskyn. Die vlag is nooit amptelik aanvaar nie en is gou vervang deur die “Driedolfynevlag”. Hierdie driedolfynevlag is onmiddellik aanvaar en word vandag steeds gereeld deur eilandbewoners gebruik alhoewel dit nie die amptelike vlag is nie.

Die Driedolfynevlag is vir ’n aantal jare gebruik maar daar was ’n gevoel dat Anguilla sy eie amptelike vlag moes kry. Brian Canty, voormalige goewerneur van Anguilla het die idee deurgevoer en ’n aantal voorstelle is aan Koningin Elizabeth II vir goedkeuring gestuur.

Die nuwe (huidige) vlag is vir die eerste keer op 30 Mei 1990 gehys.

Ander vlae

Verwysings

  1. (en) Anguilla by Flags of the World. URL besoek op 27 Oktober 2010
  2. (en) Dolfynvlag van Anguilla by Flags of the World. URL besoek op 27 Oktober 2010

Eksterne skakels