Gaan na inhoud

Wikipedia:Aanvaar goedertrou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Rooiratel (besprekings | bydraes) op 07:06, 8 Augustus 2022 (Verwyder dubbelspasies)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Om goedertrou te aanvaar is 'n fundamentele beginsel op Wikipedia. Die meeste mense probeer om die projek te help, nie om dit skade aan te doen nie. As dit nie waar is nie, sal 'n projek soos Wikipedia van meet af aan gedoem wees.

Wanneer daar 'n geskil voorkom, oorweeg om besprekingsbladsye te gebruik om jou siening te verduidelik en gee op u beurt ander die geleentheid om dieselfde te doen. Oorweeg dit of 'n geskil nie ontstaan as gevolg van verskillende perspektiewe nie en soek vir maniere om konsensus te bereik.

Wanneer ander jou bedoelings bevraagteken, moet u self probeer om steeds waar moontlik aan te neem dat ander goeie bedoelings het. Wees beleefd en volg die reguleringsprosedures, eerder as om by wysigingsoorloë of persoonlike aanvalle op die bydraers betrokke te raak.

Rondom goeie bedoelings

[wysig bron]

Almal maak foute, hetsy dit gedragsfoute (soos persoonlike aanvalle) of inhoudsgebaseerde foute (soos die byvoeging van oorspronklike navorsing) is en kan gewoonlik reggestel word met 'n ligte vermaning. Daar sal egter altyd geskille op Wikipedia wees, waar geen beleid of gids 'n maklike antwoord voor sal hê nie. Indien 'n geskil ontstaan mag dit wees dat die persoon nie probeer om die projek skade aan te doen nie. Bly kalm en oorweeg geskilbeslegting as verskille blyk onoorkombaar te wees; baie van hulle is nie.

Dit is nie nodig om 'n bydraer se aksies aan kwade bedoelings toe te skryf nie, selfs al is kwade bedoelings voor-die-hand-liggend, aangesien teenvoeters (soos die blok en ongedaanmaking van wysigings) op gedrag eerder as bedoeling gemik is. Vandalisme, die gebruik van 'n kouspop en herhaalde pogings om die konsensus omver te werp is voorbeelde van kwade/slegte bedoelings (alhoewel konsensus nie 'n maklike begrip is om vas te vat nie). Daar is prosesse om al hierdie probleme te hanteer. Hierdie gids vereis egter nie dat bydraers aanhoudend goeie bedoelings moet aanvaar ten spyte van bewyse tot die teendeel nie. Om aan te neem dat ander se bedoelings goed is beteken nie dat geen aksie deur redigeerders gekritiseer mag word nie, maar eerder dat die kritiek nie toegeskryf moet word aan kwade bedoelings nie tensy daar baie spesifieke bewyse daarvoor is nie.