Gaan na inhoud

Kwartsiet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Jcwf (besprekings | bydraes) op 16:03, 1 Desember 2023 (Eksterne skakels)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Kwartsiet van die Faerie Glen-natuurreservaat.
Kwartsiet
Kwartsiet

Kwartsiet is 'n harde, ongefolieërde metamorfe gesteente, wat oorspronklike 'n suiwer kwartssandsteen was. Die oorspronklike sandsteen is deur middel van temperatuur en druk omgeskakel na kwartsiet. Hierdie proses vind gewoonlik d.m.v. tektoniese drukking in orogenetiese belde plaas.

Suiwer kwartsiet se kleur wissel gewoonlik van wit na grys, maar kan ook verskeie ander kleure hê soos geel, groen, blou, oranje, a.g.v ander minerale. Skakerings van pienk tot rooi is a.g.v. die teenwoordigheid van ysteroksied (Fe2O3).

Tydens die metamorfe proses waartydens sandsteen omskakel na kwartsiet, herkristalliseer die individuele kwartskorrels langs die korrelgrense (tesame met die "sementmateriaal") om 'n massa kwartskristalle te vorm. Tydens hierdie metamorfoseproses word die meeste of al die sedimentêre teksture van die oorspronklike sandsteen vernietig.

Ortokwartsiet is 'n baie suiwer sandsteen wat hoofsaaklik uit goedgeronde kwartskorrels bestaan, wat deur 'n kwartsryke sement gebind word. Dit bestaan gewoonlik uit 99%+ silikondioksied (SiO2), met baie klein hoeveelhede ysteroksied, en spoorminerale soos sirkoon, rutiel en magnetiet wat baie weerstandbiedend is.

Omrede kwartsiet by atmosferiese temperatuur- en druktoestande baie stabiel is, bied dit goeie weerstand teen chemiese verwering. Dus vorm dit baie keer riwwe en kranse a.g.v. die positiewe verwering. Omrede kwartsiet uit bykans suiwer kwarts bestaan, bevat die grond wat daaruit vorm baie min voedingstowwe, en die riwwe en landskappe wat hieruit spruit is gewoonlik yl begroei. Die sandoppervlaktes word dus vinnig en maklik verweer.

Voorkoms

[wysig | wysig bron]

In Suid-Afrika kom kwartsiet algemeen voor in die Witwatersrandsupergroep, veral in die Sentrale randgroep. Laasgenoemde is alom bekend vir die gouddraende erts.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]