Abraham
Voorkoms
Abraham (Hebreeus: אַבְרָהָם Awraham, Arabies: إبرَاهِيم; Ibrahim) is 'n man wat in die Tanakh van die Jode, in die Bybel van die Christene en in die Koran van die Moslems voorkom. In al die boeke word hy as die stamvader van die volk Israel, Arabiere en Christene gesien. Daarom word die Jodedom, die Christendom en die Islam ook Abrahamitiese godsdienste genoem.