Antonof An-32
Voorkoms
Antonof An-32 | |
---|---|
Tipe | Vragvliegtuig |
Vervaardiger | Aviant |
Ontwerp deur | Antonof |
Nooiensvlug | 9 Julie 1976[1] |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Indiese Lugmag Nasionale Lugmag van Angola Sri Lankaanse Lugmag Oekraïense Lugmag |
Vervaardig | 1982 tot tans |
Aantal gebou | 373[2] |
Eenheidskoste | VS$ 15 miljoen[3] |
Ontwikkel van | Antonof An-26 |
Die Antonof An-30 (NAVO verslagnaam: Cline) is 'n tweemotorige militêre vragvliegtuig. Die An-32 is in wese 'n Antonof An-26 wat met nuwe motore toegerus is. Dit is ontwerp om uiters ongunstige weerstoestande te kan weerstaan, beter as die An-26. Die vliegtuig is bekendgestel op die Parys Lugskou in Mei 1977.
Die vliegtuig word aangedryf deur twee Ivchenko AI-20 turboskroefmotore. Die An-32 se motors is 1,5 m hoër geplaas om te verseker dat vreemde voorwerpe wat op ruwe, gruis- of veldaanloopbane voorkom, nie die skroewe kan beskadig nie.
Verwysings
- ↑ Karnozov, Vovick. "Renewed AN-32 in Flight Tests." AeroWorldNet, 16 Oktober 2000. Geargiveer 21 Mei 2007 op Wayback Machine
- ↑ "реестр самолётов типа Антонов Ан-32". russianplanes.net (in Russies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2015.
- ↑ Antonov An-32. "Ан нет, Ан есть. Украина «нашла» потерянные индийские Ан-32." [dooie skakel] 20 April 2015.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Antonof An-32.