Gaan na inhoud

Veelvoudige ster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
  • Bo: Die driedubbele ster Algol, afgeneem in die naby-infrarooi deur die CHARA-interferometer (2009).
  • Links onder: Algol B beweeg elke 2,87 dae voor die helderder Algol A verby.
  • Regs onder: ’n Kunstenaar se voorstelling van die wentelbane van HD 188753, ’n driedubbele sterregroep.

’n Veelvoudige ster (Engels: multiple star system) is ’n paar sterre wat om mekaar wentel[1] en deur swaartekrag gebind word. ’n Groot aantal sterre wat deur swaartekrag gebind word, word gewoonlik ’n sterreswerm (star cluster), of as dit baie groot is ’n sterrestelsel (galaxy), genoem.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

’n Stelsel wat uit twee sterre bestaan, word ’n dubbelster genoem. As daar geen getyeffekte, versteuring deur ander kragte of oordrag van massa van een ster na die ander is nie, is so ’n stelsel stabiel en albei sterre sal vir ’n onbepaalde tyd om die barisentrum van die twee sterre wentel. Cygnus X-1 is waarskynlik ’n voorbeeld van ’n dubbelster wat uit ’n ster en ’n swartkolk bestaan.

Andersins is veelvoudige sterre stelsels wat uit drie of meer sterre bestaan wat van die Aarde af lyk of hulle na aan mekaar lê.[2][3] Soms is die sterre fisiek naby mekaar en deur swaartekrag gebonde, in welke geval dit ’n "fisieke" veelvoudige ster genoem word, en soms lyk dit net of hulle na aan mekaar is, in welke geval dit ’n "optiese" veelvoudige ster is (wat beteken die sterre lyk van die Aarde af of hulle na aan mekaar is en dieselfde punt in die lug beset, maar in werklikheid kan die een ster verder van die Aarde af wees as die ander een en is dit nie duidelik nie tensy ’n mens hulle uit ’n ander hoek bekyk).[2][3][4]

Die meeste veelvoudige sterre bestaan uit drie sterre. Groepe met vier sterre kom minder dikwels voor[5] en groepe met meer sterre is heelwat skaarser. In 1999 se hersiene Tokovinin-katalogus[3] van fisieke veelvoudige sterre is 551 uit die 728 stelsels wat beskryf word driedubbele sterre.

Veelvoudige sterre is kleiner as oop sterreswerms, wat ’n ingewikkelder dinamika het en van 100 tot 1 000 sterre bevat.[6] Veelvoudige sterre kan in twee hoofkategorieë verdeel word: (1) stelsels wat stabiel is en wentelbane het met min wisselwerking, en (2) stelsels met onstabiele wentelbane met ’n groot wisselwerking wat chaotiese gedrag openbaar.[7]

Driedubbele sterre

[wysig | wysig bron]
Die wentelbane van die driedubbele ster HR 6819: ’n binneste dubbelster met ’n ster (wentelbaan in blou) en ’n swartkolk (wentelbaan in rooi), wat omsirkel word deur nog ’n ster in ’n wyer wentelbaan (ook in blou).

In ’n "fisieke" driedubbele sterregroep wentel elke ster om die massamiddelpunt van die stelsel. Gewoonlik vorm twee van die sterre ’n nabye dubbelster en wentel die derde ster in ’n veel wyer wentelbaan om dié twee. Dié rangskikking is stabiel.[8][9] As die binneste en buitenste wentelbane byna ewe groot was, sou die stelsel onstabiel geraak het en dit sou daartoe kon lei dat ’n ster uit die stelsel gewerp word.[10] HR 6819 is ’n voorbeeld van ’n stabiele stelsel, waarin die buitenste ster wentel om ’n binneste dubbelster wat bestaan uit ’n ster en ’n stellêre swartkolk.[11]

Driedubbele sterre wat nie almal swaartekraggebonde is nie, kan bestaan uit ’n fisieke dubbelster en ’n optiese metgesel (soos Beta Cephei) of in seldsame gevalle ’n optiese driedubbele ster (soos Gamma Serpentis).

Voorbeelde

[wysig | wysig bron]

Twee sterre

[wysig | wysig bron]

Drie sterre

[wysig | wysig bron]

Vier sterre

[wysig | wysig bron]
  • Capella, twee reusesterre met ’n rooidwerg in ’n wentelbaan om hulle. Met ’n skynbare magnitude van sowat -0,47 is Capella een van die helderste sterre in die naglug.
  • Mizar, wat dikwels aanvaar is as die eerste dubbelster wat ontdek is (1650).[13][14] Later is gevind dat hulle albei op hul eie ’n dubbelster is.[15]
  • HD 98800

Vyf sterre

[wysig | wysig bron]
  • 91 Aquarii
  • Delta Orionis

Ses sterre

[wysig | wysig bron]

Sewe sterre

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Star system" in Modern Dictionary of Astronomy and Space Technology. A.S. Bhatia, eed. Nieu-Delhi: Deep & Deep Publications, 2005. ISBN 81-7629-741-0
  2. 2,0 2,1 Understanding Variable Stars, John R. Percy, Cambridge: Cambridge University Press, 2007, ISBN 0-521-23253-8.
  3. 3,0 3,1 3,2 MSC—a catalogue of physical multiple stars, A.A. Tokovinin, Astronomy and Astrophysics Supplement Series 124 (1997), 75–84; aanlyn by VizieR Geargiveer 11 Maart 2007 op Wayback Machine en die Multiple Star Catalog Geargiveer 14 Februarie 2021 op Wayback Machine.
  4. Hipparcos: Double and Multiple Stars, besoek op 31 Oktober 2007.
  5. MSC – a catalogue of physical multiple stars, A.A. Tokovinin, Astronomy and Astrophysics Supplement Series 124 (Julie 1997), pp. 75–84.
  6. p. 24, Galactic Dynamics, James Binney en Scott Tremaine, Princeton University Press, 1987, ISBN 0-691-08445-9.
  7. Multiple Stellar Systems: Types and Stability, Peter J.T. Leonard, in Encyclopedia of Astronomy and Astrophysics, P. Murdin, red., aanlyn by die Institute of Physics, gepubliseer deur die Nature Publishing Group, 2001.
  8. Heintz, W. D. (1978). Double Stars. D. Reidel Publishing Company, Dordrecht. pp. 66–67. ISBN 90-277-0885-1.
  9. Evans, David S. (1968). "Stars of Higher Multiplicity". Quarterly Journal of the Royal Astronomical Society. 9: 388–400. Bibcode:1968QJRAS...9..388E.
  10. A Note on the Stability of Hierarchical Triple Stars with Initially Circular Orbits, L.G. Kiseleva, P.P. Eggleton, J.P. Anosova, Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 267, #1 (Maart 1994), pp. 161–166, Bibcode1994MNRAS.267..161K.
  11. Rivinius, Th.; Baade, D.; Hadrava, P.; Heida, M.; Klement, R. (2020). "A naked-eye triple system with a nonaccreting black hole in the inner binary". Astronomy & Astrophysics. 637 (L3): 11. arXiv:2005.02541. Bibcode:2020A&A...637L...3R. doi:10.1051/0004-6361/202038020. S2CID 218516688.
  12. Mason, Brian D.; Wycoff, Gary L.; Hartkopf, William I.; Douglass, Geoffrey G.; Worley, Charles E. (Desember 2001). "The 2001 US Naval Observatory Double Star CD-ROM. I. The Washington Double Star Catalog". The Astronomical Journal. U. S. Naval Observatory, Washington D.C. 122 (6): 3466–3471. Bibcode:2001AJ....122.3466M. doi:10.1086/323920.
  13. The Binary Stars, R. G. Aitken, New York: Semi-Centennial Publications of the University of California, 1918.
  14. Vol. 1, part 1, p. 422, Almagestum Novum Geargiveer 10 Augustus 2011 op Wayback Machine, Giovanni Battista Riccioli, Bononiae: Ex typographia haeredis Victorij Benatij, 1651.
  15. A New View of Mizar Geargiveer 7 Maart 2008 op Wayback Machine, Leos Ondra, URL besoek op 26 Mei 2007.
  16. Castor A and Castor B resolved in a simultaneous Chandra and XMM-Newton observation, B. Stelzer en V. Burwitz, Astronomy and Astrophysics 402 (Mei 2003), ble. 719–728.
  17. ADS 9731: A new sextuple system, A.A. Tokovinin, N. I. Shatskii, en A.K. Magnitskii, Astronomy Letters, 24, No. 6 (November 1998), ble. 795–801.
  18. Nu Scorpii Geargiveer 5 September 2017 op Wayback Machine in die Multiple Star Catalog Geargiveer 14 Februarie 2021 op Wayback Machine.
  19. AR Cassiopeiae Geargiveer 10 April 2020 op Wayback Machine, inskrywing in die Multiple Star Catalog Geargiveer 14 Februarie 2021 op Wayback Machine.

Skakels

[wysig | wysig bron]