Gaan na inhoud

Termonukleêre wapen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Waterstofbom)
'n Basiese diagram van 'n termonukleêre wapen.
Sommige ontwerpe gebruik sferiese sekondêre elemente.
  1. Kernklowing primêre fase
  2. Kernfusie sekondêre fase
  1. Hoë-plofbare lense
  2. Uraan-238 ("stamper") gevoer met berillium-reflektor
  3. Vakuum ("gesweefde kern")
  4. Tritium "versterkgas" (blou) binne plutonium of uraan holkern
  5. Stralingskanaal gevul met polistireenskuim
  6. Uraan ("stoter/stamper")
  7. Litium-6-deuteried (fusiebrandstof)
  8. Plutonium ("vonkprop")
  9. Stralingsomhulsel (beperk termiese X-strale deur refleksie)

’n Termonukleêre wapen, versmeltingswapen of waterstofbom (H-bom) is ’n tweedegenerasie-kernwapenontwerp. Weens die groter gesofistikeerdheid daarvan bied dit baie groter vernietigende krag as eerstegenerasie kernbomme, 'n meer kompakte grootte, 'n kleiner massa, of 'n kombinasie van hierdie voordele. Eienskappe van kernfusie-reaksies maak die gebruik van nie-splytbare verarmde uraan as die wapen se hoofbrandstof moontlik, wat dus meer doeltreffende gebruik van skaars splytbare materiaal soos uraan-235 (235U) moontlik maak of plutonium-239 (239 Pu). Die eerste volskaalse termonukleêre toets (Ivy Mike) is in 1952 deur die Verenigde State uitgevoer, en die konsep is sedertdien deur die meeste van die wêreld se kernmoondhede in die ontwerp van hul wapens gebruik.

Moderne kernfusie wapens bestaan in sy eenvoudigste vorm uit twee komponente: 'n kernklowing primêre fase (aangedryf met 235U of 239 Pu) en 'n aparte kernfusie sekondêre fase wat die termonukleêre brandstof bevat: swaar isotope van waterstof (deuterium en tritium) as die suiwer element. In die mees moderne wapens word litiumhidried gebruik. Om hierdie rede staan termonukleêre wapens bekend as H-bomme.[nota 1]

Nota(s)

[wysig | wysig bron]
  1. Die misleidende term waterstofbom was reeds in die openbaar gebruik, voordat radioaktiewe neerslag veroorsaak deur die Castle Bravo-toets in 1954, geopenbaar het hoeveel die ontwerp op die splytingfase steun.