2009
Voorkoms
2009 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2004 | 2005 | 2006 | 2007 | 2008 | ◄ 2009 ► | 2010 | 2011 | 2012 | 2013 | 2014 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2009 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2009 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 9de jaar van die 21ste eeu n.C. Dis ook die laaste jaar van die dekade 2000's. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Die jaar is deur die VN tot die Internasionale Jaar van Astronomie verklaar,
Gebeure
- 1 Januarie – Slowakye aanvaar die Euro as hulle nasionale geldeenheid.
- 20 Januarie – Barack Obama, die 44ste President van die Verenigde State word ingelyf na George W. Bush se 8-jaar termyn.
- 23 Januarie – Jacques Kallis (34) word die eerste Suid-Afrikaanse krieketspeler om 10 000 lopies te haal in eendagwedstryde en die agtste speler internasionaal.
- 13 Februarie – Unix-stelsels se tyd was om 23:31:30 UTC kronologies 1234567890 gewees.
- 24 Februarie – Die 18de Knesset word ingesweer.
- 6 Maart – Knysna-meer, die Wildernis, Tsitsikamma en ander parke in staatsbesit smelt saam om die nuwe Tuinroete Nasionale Park te vorm.
- 1 April – Albanië en Kroasië betree die NAVO.
- 21 Mei – Hemelvaartsdag.
- 28 Mei - Microsoft stel Bing, hulle soekenjin bekend tydens die All Things Digital-konferensie in San Diego, VSA.
- 3 Junie – Microsoft stel Windows weergawe 7 vry.
- 14–28 Junie – Die sesde FIFA Konfederasiebeker toernooi word in Suid-Afrika gespeel.
- 1 September – Fidji se lidmaatskap aan die Britse Statebond word opgeskort.
- 2 Oktober – Die Internasionale Olimpiese Komitee kondig Rio de Janeiro as gasheerstad vir die Olimpiese Somerspele 2016 aan.
- 29 November – Rwanda word die 54ste lid van die Britse Statebond.
Geboortes
Sterftes
- 1 Januarie – Helen Suzman, Suid-Afrikaanse politikus (* 1917).
- 31 Januarie – Trudie Taljaard, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1948).
- 29 Maart – Gerrit Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus (* 1926).
- 6 April – Ivy Matsepe-Casaburri, Suid-Afrikaanse politikus (* 1937).
- 25 Julie – Prof. M.C.E. van Schoor, ook bekend as Tienie van Schoor, bekende Afrikaanse historikus en skrywer (* 1920).
- 25 Junie – Michael Jackson, Amerikaanse popsanger (* 1958).
- 31 Julie – Tim Guest, Britse skrywer en joernalis (* 1975).
- 14 September – Patrick Swayze, Amerikaanse akteur (* 1952).
- 12 Oktober – Irene van Wyk, Afrikaanse gospel-sangeres (* 1965).
- 18 Oktober – Basie Vivier, Suid-Afrika se vier-en-twintigste Springbokkaptein (* 1927).
- 22 Oktober – Daan Bekker, Suid-Afrikaanse bokser (* 1932).
- 15 Desember – Henriette Grové, Afrikaanse skrywer (* 1922).
- 16 Desember – Manto Tshabalala-Msimang, Suid-Afrikaanse politikus (* 1940).
- 20 Desember – Brittany Murphy, Amerikaanse aktrise (* 1977).
- 28 Desember – Dirk de Villiers, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur (* 1924).