12 Oktober
Voorkoms
<< | Oktober 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | ||
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||
Al die dae |
12 Oktober is die 285ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (286ste in skrikkeljare). Daar volg nog 80 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1492 – Christophorus Columbus bereik die Bahamas-argipel en ontdek daarmee die Amerikas.
- 1551 – Pous Julius III stel Györgi Martinuzzi, biskop van Nagy Várad, Hongarye, aan as kardinaal.
- 1810 – Die eerste Oktoberfest word in München gehou om die troue van Prins Ludwig I van Beiere te vier.
- 1899 – Die eerste skote klap in die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika by Kraaipan nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het.
- 1968 – Ekwatoriaal-Guinee word onafhanklik van Spanje
- 1984 – Die voorlopige Ierse Republikeinse Leër voer 'n mislukte sluipmoordaanval uit op Margaret Thatcher, die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en die grootste deel van haar kabinet, tydens die Brighton-hotel-bomaanval.
- 1999 – 'n Militêre staatsgreep gelei deur Generaal Pervez Musharraf in Pakistan lig Eerste Minister Nawaz Sharif uit die kussings.
- 2002 – 'n Reeks motorbomme ontplof in Bali, Indonesië, wat 202 mense dood en 'n verdere 209 beseer laat.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1537 – Eduard VI, koning van Engeland († 1553).
- 1762 – Jan Willem Janssens, laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap († 1838).
- 1798 – Dom Pedro, keiser van Brasilië en koning van Portugal († 1834).
- 1865 – Manie Bredell, lyfwag en privaatsekretaris van pres. Paul Kruger († 1953).
- 1871 – Sietse Oeme Los, professor in teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1944).
- 1872 – Ralph Vaughan Williams, Engelse komponis († 1958).
- 1880 – Ernest Frederick Watermeyer, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1958).
- 1908 – Arthur Space, Amerikaanse akteur († 1983)
- 1909 – A.P. Smit, predikant in die NG Kerk, geskiedskrywer en derde argivaris van die Kaapse Kerk († 1979).
- 1919 – Mary Ainslee, Amerikaanse aktrise († 1991).
- 1920 – Braam Raubenheimer, Suid-Afrikaanse politikus en minister van waterwese en bosbou († 2014).
- 1929 − Magnus Magnusson, Yslandse joernalis, vertaler, skrywer en televisie-aanbieder († 2007).
- 1932 – Dick Gregory, Amerikaanse akteur en skrywer († 2017).
- 1935 – Luciano Pavarotti, Italiaanse tenoor († 2007).
- 1946 – Dalton Cathey, Amerikaanse akteur († 1990).
- 1951 – Sally Little, Suid-Afrikaansgebore Amerikaanse gholfspeler.
- 1962 – Michelle Botes, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1978 – Jason Russell, Amerikaanse akteur, regisseur en skrywer.
- 1986 – Li Wenliang, Chinese oogarts en eerste aktivis oor die uitbreek van die Koronavirusepidemie van 2020 († 2020).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 638 – Pous Honorius I, 70ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 642 – Pous Johannes IV, 72ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±580).
- 1668 – Zacharias Wagenaer, tweede kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1614).
- 1730 – Frederik IV van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1671).
- 1750 – Rachel Ruysch, Nederlandse stilleweskilder (* 1664).
- 1969 – Sonja Henie, Amerikaanse aktrise en skryfster (* 1912).
- 1971 – Fritz Achterberg, Duitse toneelspeler (* 1880).
- 1978 – Schalk Pienaar, joernalis en koerantredakteur (* 1916).
- 1990 – Peter Zapffe, Noorse metafisikus, skrywer, kunstenaar, prokureur en bergklimmer (* 1899).
- 1995 – Dana Niehaus, Afrikaanse omroeper en akteur (* 1918).
- 1997 – John Denver, Amerikaanse sanger (* 1943).
- 2009 – Irene van Wyk, Afrikaanse gospelsangeres (* 1965).
- 2015 – Gene Louw, Suid-Afrikaanse politikus (* 1931).[1]
- 2018 – Pik Botha, Suid-Afrika se langsdienende minister van Buitelandse Sake (* 1932).
- 2020 – Conchata Ferrell, Amerikaanse aktrise (* 1943).
- 2023 – Luis Garavito, Colombiaanse verkragter en kinderreeksmoordenaar (* 1957).
- 2024 – Tito Mboweni, agtste Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, ANC-minister van arbeid en finansies. (* 1959).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Jom Kippoer begin teen sononder in Judaïsme, Dussehra in Hindoeïsme.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Gene Louw (84) trap diep spore" (Webartikel). Netwerk24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2019. Besoek op 22 Mei 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 Oktober. |