Gaan na inhoud

Empirisme

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Empirisme is 'n filosofiese stroming waarin gestel word dat kennis uit die ervaring voortspruit. Die empirisme word traditioneel beskou as 'n filosofie wat die teenoorgestelde verteenwoordig van die rasionalisme, wat die rede en die denke aanwys as vernaamste kennisbron. Dit verwerp ook alle filosofiese stromminge wat beweer aangebore kennis bestaan. Volgens die empirisme beskik die mens oor geen vorm van aangebore kennis nie en moet sy gees (gedagtes) beskou word as 'n skoon bladsy (tabula rasa). Die empirisme speel vernaamlik 'n rol in die epistemologie asook in die filosofie van die gees.

In die antieke filosofie kom al bepaalde vorme van empirisme voor in die werk van Aristoteles en Epicurus. 'n Werklike deurbraak sou die empirisme eers bekom in die 17de en 18de eeu in Groot-Brittanje met die Brits empirisme uitgewerk deur denkers soos Francis Bacon, John Locke, George Berkeley, David Hume en John Stuart Mill. Verdere vorme van empirisme vind mens ook in die positivisme van Auguste Comte, die pragmatisme van William James, die analitiese filosofie van Bertrand Russell, die logiese empirisme van Rudolf Carnap en die konstruktiewe empirisme van Bas van Fraassen.

Inhoud

John Locke, een van die bekendste empiriste.

Die empirisme gaan uit van die grondbeginsel dat ons dinge ken uit ervaring. Die logiese empiris Carl Hempel definieer empirisme as volg: "Die fundamentele beginsel van moderne empirisisme is die siening dat alle nie-analitiese kennis gebaseer is op ervaring." Logiese empiriste sal dus wel stel dat wiskundige en logiese waarhede (analitiese oordele) nie uit die ervaring voorkom nie, maar daarenteen ook egter geen eie inhoud het nie: dit is toutologieë.

Hoewel die meeste empiriste dus nie te dogmaties omgaan met hul grondbeginsel nie, gaan sommiges, soos John Stuart Mill en by tye ook Bertrand Russell, veel verder en stel dat selfs die logiese wette uit die ervaring voortkom. Mill illustreer dit byvoorbeeld deur te stel dat ons in die werklike wêreld nooit 'n situasie teenkom wat tegelykertyd wel bestaan en nie bestaan nie. Die logika sou hierdie wet vervolgens eenvoudig gekopieer het vanuit die ervaring (nie A en nie -A). Hume verdedig die oorsaaklikheidsbeginsel met 'n verwysing na blitse en donder. Die feit dat donder op 'n blits volg en dat na 'n blits donder verwag kan word, ken ons dus uit ons ervaring. Die geloof in oorsaaklikheid het dus ontstaan uit 'n gewoonte. Russell wys daarop dat ervaring nie noodsaaklik van dinge buite die mens is nie, maar dat introspeksie, met die geestelik oog kyk wat binne-in die gees (gedagtes) van 'n mens afspeel, ook as 'n vorm van waarneming gesien kan word.

Kort saamgevat kan mens stel dat die empirisme die sintaktiese assessering a priori (van tevore gegee en onafhanklik van die ervaring) probeer herskryf na sintaktiese assessering a posteriori (kennis afgelei uit die ervaring). Niks is dus oorspronklik aanwesig in die menslike verstand en die verstand kan die beste begryp word as 'n skoon bladsy (tabula rasa). Niks kan dus uit die denke alleen afgelei word nie, maar word gefundeer in die ervaring. Hierby moet dan wel begryp word dat in 'n suiwer en absoluut empirisme hiermee ook die betekenis van alle begrippe waarmee die a priori geuiter kan word, gerelativeer is (hieronder val dus nie alleen die basisbegrippe van die dialoog: "en", "of", "as", "nie", "sommige", "alle", "eenheid", "nommer", "opvolger", "oneindig", ... maar ook dieper begrippe soos "substansie", "oorsaak", "gevolg", "bewussyn", ...)

Verskillende onderverdelings binne die empirisme en/of uitleg daaraan is moontlik:

  • Die materialistiese empirisme van Francis Bacon, Thomas Hobbes en John Locke kan onderskei word van die idealistiese empirisme van George Berkeley, David Hume, Ernst Mach en Avenarius.
  • Die empirisme kan gesien word as stroming wat teen die a priori (kennis gebaseer op denke alleen) gekant is, maar kan ook beskou word as die teenstander van alles wat (ook) uitgaan van die standpunt dat kennis aangebore is.
  • Die empirisme word deur sommiges ook beskou as 'n teorie wat die uitlê van hoe betekenis gegee kan word (die assosiasionisme), maar ook 'n teorie wat die kriteria aandui van wanneer mens al dan nie oor sinvol taalgebruik kan praat (verifikasionisme).
  • Ander sien die empirisme as 'n kennisteorie wat stipuleer dat kennisuitsprake (byvoorbeeld "Eloïse is oulik") (voortdurende) ondersteuning vanuit die ervaring nodig het om die status van kennis te verkry.
  • 'n Vorm van die empirisme is die sensualisme wat die nadruk lê op die sintuiglikheid van die waarneming van alle kennis. Waar by Locke die introspeksie of refleksie tog nog 'n sekere rol speel, ontbreek dit by Étienne Bonnot de Condillac in geheel.

In antieke Griekeland

Epikurus

Al by die vroegste filosowe, naamlik die Ioniese natuurfilosowe soos Thales van Milete en Anaximenes, speel die waarneming 'n sekere rol. Hulle probeem is om in teenstelling met die heersende mistieke wêreldbeeld, die natuur rondom hulle te verklaar deur te verwys na alledaagse fenomene. So dui Thales aan dat water die oorsprong van die wêreld is, omdat hy in sy alledaagse ervaring steeds sien hoe lewe ontstaan uit en bestaan van water. Hy hanteer dit dus as 'n analogiebewys op basis van wat hy in sy gewone lewe teekom. Tog kan mens dit nog nie werklike empirisme noem nie omdat hierdie filosowe nog geen werklike kennisteorie hanteer en die ervaring nie eksplisiet as kennisbron aandui nie.

'n Reeks filosowe na hierdie natuurfilosowe steun weer sterker op wat later bekend sou staan as die rasionalisme: kennis oor die wêreld moes bekom word deur die denke en die rede, en nie soseer deur ervaring nie. Heraclitus bly nog 'n middelweg volg deur te stel dat kennis moontlik is omdat vuur sowel aan die oorsprong van die wêreld as die menslike siel lê, maar dan ook te vermeld dat nie iedereen die goeie (intellektuele) houding het om kennis te vergader nie. Pythagoras en Parmenides daarenteen poog om die rol van die waarneming te minimaliseer en veral die nadruk te lê op die rol van die verstand. Ook Plato en die deur hom opgevoede Sokrates kies die rasionalistiese benadering: kennis kon nie gebaseerd wees op die steeds veranderende en onstabiele sintuiglike wêreld nie, maar was daarenteen gebaseerd op die intellektuele beskouing van die Ideewêreld.

Dit is eers met Aristoteles dat vir die eerste keer werklik die empirisme ter sprake kom, hoewel dan ook Aristoles ‘n sterk rol aan die rede toeskryf. Hy stel dat die mens kennis verkry deur middel van abstraksie van die dinge wat hy/sy in die ervaring teenkom, maar hierdie kennis sit al as potensiaal vervat in die verstand van elke mens. Die mens besit dus al in 'n sekere sin hierdie kennis, maar dit moet nog geaktualiseerd word deur die ervaring en slegs deur die ervaring.

Die eerste filosoof wat 'n radikale empiriese perspektief kies, was Epikurus. Hy bou verder op die atomisme van Leucippus en Democritus en deel dus die oortuiging dat die wêreld bestaan uit 'n oneindig aantal atome wat voorwerpe vorm deur saam te klou. Belangrik is wel dat die empirisme van Epikurus 'n sekondêre rol speel in sy filosofie: dit dien slegs om sy etiek, naamlik die epikurisme te fundeer. Om so 'n fondament te soek, gaan Epikurus op soek na vaste, onbetwyfelbare uitgangspunte wat hy vind in die ervaring. Hy stel dat die ervaring wat ons het van dinge rondom ons 'n seker gegewe is. Waarneming hou, net as vir die atomiste, in dat die atome konstant 'n bepaalde soort beeldjies (eidôla) afskei wat opgevang word deur ons sintuie. Hierdeur sien ons via die waarneming hoe voorwerpe eg is en kan ons voldoende gespreke en voorspellings doen oor dit. Die beeldjies gee immers die presiese struktuur van die atome deur en daar kom geen vervorming aan die pas. "Elke waarneming is waar" stel Epikurus. Dit hou dat elke waarneming deur iets egs veroorsaak is: selfs illusionêre waarnemings, soos die illusie van 'n gebroke stok in die water, klop nog in die sin dat dit 'n voldoende waarneming is van die verbuiging van die lig.

Onsekerheid kom ter voorskyn wanneer die mens op basis van sy onbetwyfelbare waarneminge betwyfelbare oordele maak. Dit op sigself is nieseker nie, maar kan wel (al dan nie eenvoudig nie) gekontroleer word via die uitvoer van nuwe waarnemings. Natuurlik kan mens nie alles waarneem nie en is die mens nie onfeilbaar in sy waarnemings nie. Wat van onderwerpe soos die son of die sterre, of self met atome? Epikurus stel dat mens tog kan praat oor hierdie onderwerpe, deur dit indirek te toets via waarnemings spesifiek deur te kyk na gevolge of byverskynsels. Dit lei volgens Epikurus wel hoogstens tot wat hy noem 'nie-weerlegging' (ouk antimarturêsis): die stelling oor die voorwerp is na indirekte empiriese kontrole nie onmoontlik nie en dus moontlik waar.

Epikurus laat ook nog wel minder empiriese metodes toe soos analogiebewys, droom of die vestiging in clichés: 'n soort gemeenskapplike idee wat afstam van vroeëre opgedoende ervarings (uiteindelik deur al die afgestorwe mense). So is daar ook bewys vir die bestaan van gode, naamlik via deur sommige mense se opgedoende ervarings in die vorm van visioene en drome. Epikurus betoog dat drome en visioene veroorsaak word deur 'n spesiale en fyn soort atoom wat regstreeks tot die siel deurdring.

Moderne tyd

In die moderne tyd kry die empirisme 'n nuwe impuls nadat dit in die middeleeue grootendeels stilgestaan het (met die uitsondering van Roger Bacon). Die oorsaak van die oplewing is veral die ontstaan van die moderne wetenskaplike metode wat denkers soos Francis Bacon en Isaac Newton daartoe aangespoor het om die waarneming weer as vernaamste bron van kennis aan te dui. In sy Philosophiae Naturalis Principia Mathematica (1687) stel Newton byvoorbeeld dat sy wetenskaplike stellings bloot voortspruit uit die suiwer waarneming. In hierdie konteks moet ook sy uitspraak "ek versin geen hipoteses" (Hypotheses non fingo) verstaan word. Newton baseer hom grotendeels op Bacon wie in sy Novum Organum (1620) poog om die nuwe wetenskaplike metode te beskryf. In teenstelling met Aristoteles wat hoofsaaklik fokus op deduksie, plaas Bacon veral induksie sentraal. Induksie is dié metode vir die wetenskaplike ondersoek: mens lei algemene wette en gegewens af vanuit die onbevooroordeelde ervaring van 'n reeks van spesifieke gevalle. Die rede kom hier nie soseer in spel nie, want dit draai om die suiwer interpretasie van die "boek van die natuur".

Britse empirisme

Die empirisme word sterk gesteun deur die werk van die Britse empirisme met denkers soos John Locke, George Berkeley en David Hume. In sy Essay concerning Human Understanding (1690) stel Locke dit duidelik dat kennis slegs voorkom uit ervaring en dat mens van aangebore idees nie kan praat nie. Die menslike gees is 'n skoon blad (tabula rasa). Werklik alle kennis spruit voort uit ervaring (simple ideas) of 'n kombinasie en assosiasie van die deur ervaring opgedoende idees (complex ideas). Locke kom tot die gevolgtrekking dat die nuwe natuurfilosofie (die natuurkunde) nooit 'n sekere wetenskap kan word nie, maar dit hoogstens 'n stelsel van menings (opinions) kan wees. Slegs die wiskunde kan so 'n sekerheid hê omdat mens daar grootliks kan werk met ervaring opgedoende idees en hierdie met mekaar kan toets en vergelyk. Locke maak verder die onderskeid tussen primêre en sekondêre eienskappe. Primêre eienskappe van 'n voorwerp is eienskappe soos grootte of gewig, terwyl sekondêre eienskappe sake soos kleur, geur of smaak kan wees. Sekondêre eienskappe is iets subjektief, maar primêre eienskappe is van die onderewerp self. Dog ook hierdie primêre eienskappe, soos die bestaan van die dinge agter die ervaringe (die "substansie") kan mens nie met sekerheid bevestig nie, mens kan dit hoogstens veronderstel.

George Berkeley

Die volgende belangrike empiris was die biskop George Berkeley wat die deur Locke geformuleerde onderskeid tussen primêre en sekondêre eienskappe verwerp en daarmee die empirisme radikaliseer tot 'n spiritualisme: daar bestaan geen dinge buite die menslike gees (die primêre eienskappe verwys na iets buite ons). Bekend is sy uitspraak: esse est percipi (' dit is waargeneem '). Dinge bestaan slegs sover dit waargeneem word, en is in essensie tekens van God wat ons moet ontrafel. Bekend is byvoorbeeld ook die gedagte-eksperiment: As 'n boom in 'n bos omval en niemand is in die omgewing nie, is daar dan 'n geluid?

Die derde groot naam in die Britse empirisme is David Hume. Waar Berkeley die empirisime radikaliseer in sy metafisika, neem Hume 'n ander benadering, naamlik die van die epistemologie. In sy A Treatise of Human Nature (1740) gaan Hume, met bloot die ervaring as kennisbron, op 'n ondersoek na wat mens eintlik nog wel ken en nie kan ken nie. In feite is hy die grotendeels eens met Locke, maar hy trek die stellings verder deur. Die mens kan inderdaad nooit die substansie agter die dinge in sy ervaring vind nie, maar dit is van toepassing op nog 'n hele reeks ander sake. As 'n mens byvoorbeeld introspektief op soek gaan na die ek, sal hy enkel bepaalde bewussynstoestande en sensasies vind, maar nooit 'n egte "ek" nie. 'n Soort metafisiese ego, soos wat by die rasionalisme en tydgenote soos Thomas Reid voorkom, word deur Hume verwerp: daar het mens geen ervaring van nie. Persoonsidentiteit is daarenteen gebaseerd op kontinuïteit in die bondel bewussynservarings wat 'n persoon het.

Ook aangeleethede soos oorsaaklikheid kan mens volgens Hume nie waarneem nie. Wanneer 'n biljartbal 'n ander bal laat beweeg (dus die beweging veroorsaak), sien mens slegs dat die een biljartbal tot teen die ander beweeg, stop en die ander bal dan sien verder rol. Mens sien nie die oorsaaklikheid self nie. Derglike sake, soos oorsaaklikheid en substansie, maar ook byvoorbeeld die bestaan van ander persone is dan volgens Hume ook nie meer as 'n gewoonte (habit) nie wat die mens aangekweek het omdat hy byvoorbeeld die beweging van die tweede biljartbal altyd sien saamhang met die aanraak deur die eerste. Hier kom Hume dus na vore as 'n radikale skeptikus: mens kan nooit seker weet dat die substansie of oorsaaklikheid werklik (môre nog) bestaan nie. Tog stel Hume vas dat mens as filosoof wel skepties kan wees oor hierdie sake, maar as die mens eers sy studeerkamer verlaat sal selfs die filosoof aanneem dat oorsaaklikheid regtig bestaan en met andere mense omgaan asof hulle werklike mense is.

Die einde van die Brits empirisme en die stryd tussen die rasionalisme en empirisme is veroorsaak deur die werk van die Duitse filosoof Immanuel Kant. Kant was van oorsprong 'n rasionalis, maar word uit sy "dogmatiese slaap" ontwaak toe hy in kontak kom met die werk van Hume. Hy gaan wel nie sover om die empirisme in sy radikale vorm te aanvaar nie. Grotendeels kom dit deur die skeptiese uiting van Locke en Hume. In teenstelling met die Britse empirisme was Kant radikaal daarvan oortuig dat die moderne wetenskap wel sekere kennis kon gee, selfs oor toekomstige ervaringe. Hy glo in die bestaan van sintaktiese assessering a priori. Waar Hume induksie verwerp as ongeldig - mens kan nie uit 'n beperkte aantal waarnemings, 'n wet formuleer wat geld vir alle gevalle nie - aavaar Kant dit wel. Die wette van Newton blyk immers nog steeds korrek, ook so by nog nie eerder getoetste voorwerpe.

In sy Kritiek van Reine Beredenering (Kritik der reinen Vernunft - 1781) formuleer Kant dan ook sy transendentale idealisme wat as goue middeweg tussen die rasionalisme en empirisme gesien kan word. Sekere kennis is wel moonlik en kom tot stand deur die kombinasie van die rede (rasionalisme) en die ervaring (empirisme). Hy gee die empirisme gelyk deur te stel dat alle inhoud van ons kennis voorkom uit die ervaring, sonder die ervaring sou ons denke immers inhoudsloos en leeg wees. Daar is egter meer nodig as bloot ervaring, die mens het naamlik ook 'n behoefte in die kategorieë van die verstand. Tyd en ruimte is byvoorbeeld strukture van die menslike verstand wat opgelê word aan die wêreld. Ook die sake waarteenoor Hume nog skepties staan soos substansie, oorsaaklikheid en die ek, kom volgens Kant voort uit die formele kategorieë wat elke mens oor beskik.

Fenomenalisme

Tog beteken Kant se sienings nie die einde vir die empirisme nie, vernaamlik omdat baie van sy gevolgtrekkings nie aanvaar word nie, terwyl die Britse tradisie doodeenvoudig voortsit word. Die vorm waarin die empirisme voortgesit word na Hume was deur die fenomenalisme (moet nie verwar met die fenomenologie nie). Hierdie stroming stel, gebaseer op Berkeley en Hume, dat die fisiese voorwerpe wat ons teenkom in ons alledaagse lewe in werklikheid konstruksies van ons eie ervarings is. Die fenomenalisme is ook nou verbonde met die subjektiewe idealisme: alle fisiese voorwerpe, eienskappe, gebeurtenisse is uiteindelik reduseerbaar tot geestelike voorwerpe, eienskappe en gebeurtenisse. 'n Sintuiglike indruk wat van 'n fisiese voorwerp word hier gelyk gestel aan die ervaring van 'n groep se ervaringsindruk. Sulke groepe vertoon 'n sterk stabiliteit en samehorigheid persepsie, waardeur dit onderskei kan word van iets soos hallusinasies.

'‘n Voorbeeld hiervan is John Stuart Mill wat in teenstelling met Hume, induksie wel as 'n noodsaaklik en korrekte gegewe sien vir die vestiging van alle kennis, selfs die wiskunde. Kennis kom volgens Mill nie voort uit direkte ervaring nie, maar uit induktiewe ervaring van die direkte ervaring. Dit fenomenalisme behou nog aanhangers tot in die middel van die 20ste eeu.

Die idees van Hume, en die verdere uitwerking deur Mill lei ook tot 'n soort van assosiasme: kennis en wette word geformuleer en begryp deur assosiasies wat die mens maak tussen die verskillende ervarings. Assosiasies (wat op die individuele ervaring berus) gee voldoende houvas om tot insig te lei in die universele en alle andere noodsaaklike beginsels.

Positivisme

Die empirisme ken 'n ander hoogtepunt in die vorm van die positivisme in die tweede helfte van die 19de eeu met denkers soos Claude Henri de Saint-Simon en Auguste Comte. Die positivisme was in wese 'n uitbou van Kant se filosofie. Kant betoog in sy oeuvre dat die metafisika as dissipline geen bestaansgrond meer het nie (in sy tradisionele vorm) omdat dit nie aansluit by die waarneming nie, wat volgens Kant net noodsaaklik was om tot kennis te kom. Die positivisme bevestig die idee en trek daaruit die radikale gevolgtrekking dat slegs die empiriese wetenskappe ware kennis kon lewer. Kennis kom dus suiwer uit (wetenskaplike) ervaring en alle teologiese of metafisiese pretensies en beweringe moet dus as onsin verwerp word.

Positiviste, en vernaamlik Comte, kombineer dit nog met die idee dat die opbloei van die moderne wetenskap 'n noodsaaklike produk was van die geskiedenis. Bekend is Comte se wet van die drie fases wat beskryf hoe die geskiedenis noodsaaklik drie fases deurgaan: allereers is daar die teologiese stadium waar kennis gefundeer word in verwysings na 'n god of gode, vervolgens is daar die metafisiese stadium waar mense die natuur kan verklaar en hul kennis fundeer op abstrakte en metafisiese beginsels (hieronder val dan ook die rasionalisme). Uiteindelik besef die mens, en kom so in die derde en finale stadium, dat kennis slegs afkomstig kan wees van die ervaring beheers deur die wetenskaplike metode: slegs die moderne empiriese wetenskap kan ware kennis lewer. Die mens moes dan volgens Comte ook al sy ander kennisaansprake, op basis van heilige boeke of filosofiese argumente, laat vaar.

Hierdie denke word verder uitgebou deur Ernst Mach en Richard Avenarius. Daarnaas het dit ook invloed in die Russiese filosofie, onder andere by die populis Pjotr Lavrov en die Marxis Aleksandr Bogdanov wat dit uitbou tot die empiriomonisme. Dit speel ook 'n sekere rol vir die ekperimentele psigologie, naamlik deurdat empiries geïnspireerde wetenskaplikes soos Mach, Wilhelm Wundt en William James dit uitbou tot ‘n empiriese psigologie.

Hedendaagse tyd

Pragmatisme

In die hedendaagse filosofie word daar verskeie strominge gevorm wat as empiries gekarakteriseer kan word. Aan die einde van die 19de eeu ontstaan byvoorbeeld die pragmatisme in die Verenigde State, met denkers soos C.S. Peirce, William James en John Dewey. Hierdie individue baseer hul kennisleer op die empirisme en kombineer dit met die insigte uit die evolusieteorie en psigologie, terwyl dit ook sterk die wetenskaplike metode weerspieël. Desondanks integreer die pragmatisme ook elemente wat as rasionalisties beskou kan word in hul filosofie. So laat Peirce ruimte vir deduktiewe redenasie naas induksie, en verenig beide onder die vorm van abduksie. Noemenswaardig is ook Peirce se opvatting van die fallibilisme: (wetenskaplike) kennis was altyd onseker en kan steeds deur nuwe ervarings weerlê en verbeter word.

Die sterkste blyk die empiriese karakter van die pragmatisme in die werk van James, wat ook wel praat van die "radikale empirisme" (radical empiricism) om sy weergawee van die pragmatisme te beskryf. Vir James staan die direk empiriese waarneembare heelal rondom die mens sentraal. Soos ander pragmatiste, het hy die punt gesien om nie ervarings in 'n soort transendentale of konseptuele grondslag te versmoor nie. Hy verwerp dan ook alle bonatuurlike en goddelike verklarings van die natuurlike fenomene rondom ons. Dit is dus radikaal, nie in sy empirisme, maar in sy naturalisme: slegs natuurlike verklarings word toegestaan.

Die derde groot naam in die pragmatisme, John Dewey, plaas die ervaring ook sentraal. Ervaring word opgevat deur Dewey as 'n samehangende geheel waarop ongeveer alles, sowel kennis as byvoorbeeld die onderskeid tussen voorwerp-onderwerp, gebaseer is. Die werklikheid wat ons sien is volgens Dewey dan ook bepaal deur ons (reeds opgedoende) ervarings en ook ons kennis gevorm deur 'n ervaring gerigte proses van probeer en fouteer (trail and error). Konsepte en idees is volledig gebaseer op ervarings en dien bloot om die probleme wat die persoon in kwesie in kontak mee kom, op te los. Sy vorm van pragmatisme kan dan ook gesien word as 'n instrumentalisme.

Logiese positivisme

Rondom die begin van die 20ste eeu word die analitiese filosofie gevestig in Groot-Brittanje. Hierdie filosofiese stroming is in die beginfase veral verbind met die logika en die wiskunde, maar neem daarna ook 'n sterk empiristiese posisie in. Denkers soos Bertrand Russell, G.E. Moore en A.N. Whitehead neem 'n sterk realistiese en empiristiese posisie in, om hulself te distansieer van die toe oorheersende Britse idealisme wat die fokus veral plaas op die menslike rede.

Russell verdedig byvoorbeeld die bestaan van kennis deur vertroudheid (knowledge by acquaintance) wat 'n mens verkry deur kennis in sake wat mense ervaar en waarmee mens direk vertroud is. Russell betoog selfs op 'n gegewe oomblik dat ook alle konsepte uit die formele logika uiteindelik van empiriese aard is, waarby empiries wel ruim begryp moet word sodat byvoorbeeld ook introspeksie daaronder val.

Die idees van Russell, en van sy student Ludwig Wittgenstein, lei uiteindelik tot die logiese positivisme . Hierdie stroming is vernaamlik ontwikkeld deur die Weense Sirkel (Wiener Kreis), 'n groep geleerdes uit Oostenryk, met onder andere A.J. Ayer, Rudolf Carnap, Carl Hempel, Otto Neurath, Hans Reichenbach en Morits Schlick. Hierdie stroming kombineer die logika van Russell en Wittgenstein, maar ook Gottlob Frege met die empirisme van David Hume. Net soos die oorspronklike positivisme van die 19de eeu, wil die logiese positivisme (soms ook logiese empirisme genoem) die filosofie suiwer van alle sinlose metafisiese uitsprake. Bekend is veral hul verifikasiebeginsel wat stel dat 'n sin slegs betekenis het as dit of toutologies is of in begisel te verifieer op basis van empiriese ervaring. Slegs die wiskunde en logika enersyds en die empiriese wetenskap andersyds hanteer taalgebruik sinvol.

In die begin hang baie lede van hierdie skool 'n vorm van fenomenalisme aan: elke sintetiese uitspraak moes uiteindelik gereduseer word tot 'n uitspraak met enkel direkte observasies en waarneminge bevat. Later verlaat filosowe soos Carnap en Neurath hiedie posisie vir 'n perspektief waarin mens middelgrote spatio-temporele voorwerpe, soos tafels en stoele, as basis neem. Sintetiese uitspraak moes dus nie meer omgesit word in uitsprake van suiwer sintuiglike ervaringe, maar in sogenaamde "protokolsinne" (Protokollzätse). 'n Sin "Ek (Rudolf Carnap) het met krag X op die tafel geslaag " moet omgesit word in "Rudolf Carnap op plek X en op tydstip Y neem dit en dat waar." Later verander sommige logies positiviste, soos Neurath, hul opvatting nogmaals na die idee van 'n soort direkte kontak met die werklikheid in die verifikasie van 'n hipotese.

Die empirisme hang ook nou saam met die behaviorisme, sowel die psigologie as die filosofiese behaviorisme, omdat aanhangers van hierdie strominge van die veronderstelling vertrek dat kennis slegs van die sigbare en waarneembare afgelei kan word. Dit geld dan ook vir die menslike gees en omdat mens geen "gedagte" of "bewussyn" waarneem kan word nie, maar alleen menslike gedrag, moet geestelike toestande soos pyn of vreugde dan ook begryp word in terme van gedrag, stimuli en respons.

Bron

  • Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia