Gaan na inhoud

Donald Trump

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Eihel (besprekings | bydraes) op 16:08, 30 Augustus 2019 (Square brackets without correct beginning)
Donald Trump
45ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 20 Januarie 2017
Voorganger Barack Obama
Opvolger
Geboortedatum 14 Junie 1946 (1946-06-14) (78 jaar oud)
Geboorteplek Queens, New York Stad
Sterftedatum
Sterfteplek
Eerste Dame Melania Trump (née Knauss)
Politieke party Republikein (2012–hede; 2009–11; 1987–99)[1]
Visepresident Mike Pence
Handtekening
Donald Trump
Gebore
Donald John Trump
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepVoorsitter en president van die Trump-organisasie
Voorsitter van Trump Plaza Associates, LLC
Voorsitter van Trump Atlantic City Associates
Gasheer van The Apprentice (2004–15)
Termyn1968–hede
Politieke partyVorige affiliasies:
Onafhanklik (2011–12)[1]
Demokraties (2001–09;[1] 1987[2])
Reformiste (1999–2001)[1]
EggenootIvana Zelníčková (1977–91)
Marla Maples (1993–99)
Melania Knauss (2005–hede)
KindersVyf: Donald Jr., Ivanka, Eric, Tiffany, Barron
Ouer(s)Fred Trump
Mary Anne MacLeod Trump
Webwerfdonaldjtrump.com

Donald John Trump (14 Junie 1946 in Queens, New York Stad) is ’n Amerikaanse sakemagnaat en die 45ste President van die Verenigde State van Amerika. Hy was die Republikeinse Party se kandidaat en het sy Demokratiese teenstander Hillary Clinton op 8 November 2016 in die Amerikaanse presidentsverkiesing verslaan, hoewel hy minder stemme as sy op hom verenig het. Hy is op 20 Januarie 2017 as die 45ste president beëdig.

Op 70 jaar is Trump die oudste en welvarendste persoonlikheid wat ooit die amp van president van die VSA beklee het, asook die eerste sonder enige voorafgaande militêre of politieke loopbaan en die vyfde wat op nasionale vlak geen meerderheid van die uitgebragte stemme op hom verenig het nie. Trump is ook ’n belegger, skrywer en TV-persoonlikheid. In 1971 het hy die voorsitter van die eiendomsgroep geword wat in besit van sy familie is en dit hernoem tot The Trump Organization. Hy het die onderneming vervolgens uitgebrei om die bou en renovasie van wolkekrabbers, hotelle, kasinos en gholfbane in te sluit. Die onderneming Trump Entertainment Resorts is deur hom gestig.

Hy het in Junie 2015 sy kandidatuur vir die Amerikaanse presidentskap van November 2016 aangekondig en is op 19 Julie 2016 deur die Republikeinse Party amptelik as die party se presidentskandidaat benoem.

Vroeë lewe

Donald Trump se voorouers aan vaderskant is afkomstig uit die Duitse nedersetting Kallstadt in die Palts-streek, en van die Buite-Hebride in Skotland aan moederskant. Sy grootouers en sy moeder is almal in Europa gebore. Trump is gebore op 14 Junie 1946 in Jamaica, Queens, 'n woonbuurt in die stad New York. Hy is die vierde kind, uit vyf kinders, van Frederick Christ "Fred" Trump (1905-1999) en Mary Anne Trump (née MacLeod, 1912-2000). Trump het twee susters, Maryanne en Elizabeth, en twee broers, Fred Jr., en Robert. Trump se ouer broer, Fred Jr., het in 1981 gesterf weens alkoholisme. Trump het al aangedui dat sy broer se dood aanleiding gegee het tot sy besluit om homself te weerhou van enige alkoholiese drank en sigarette.

Loopbaan as sakeman

Loopbaan in die media

Openbare profiel

Politieke loopbaan tot en met 2015

Presidentskapsveldtog van 2016

Presidentskap

Buitelandse beleid

President Trump het 'n beleid in werking gestel wat beoog om China se toenemende geopolitiese invloed hok te slaan. Spesifiek word daar opgetree teen China se ongunstige handelspraktyke en hul strewe na politieke, ekonomiese en tegnologiese dominansie deur finansiering van groot projekte in ontwikkelende lande. Daar is gevrees dat bates en natuurlike hulpbronne van arm lande in Chinese hande sal val wanneer hierdie lande nie hul Chinese leningsverpligtinge kan nakom nie. China se strategiese belange in Afrika sluit veral olie, gas, steenkool en metale in, wat vir hul konstruksie- en vervaardigingsektore benodig word, terwyl Afrika lenings vir infrastruktuurprojekte benodig. Zambië, Angola, die DRK, Mosambiek, Ethiopië, Soedan, Kenia en Djiboeti tel onder die lande wat teen 2018 reeds van hul bates aan Chinese beheer moes afstaan.[4]

Daar is perke gestel op Chinese beleggings in die VSA wat kon meebring dat Amerikaanse tegnologie en handelsgeheime in Chinese hande val, en die uitvoer van siviele kerntegnologie na China is in 2018 aan streng beperkings onderwerp. Tariewe van $250 miljard is op Chinese goedere geplaas ten einde handelspraktyke te kortwiek wat Amerikaanse maatskappye benadeel.[5]

In sy verkiesingskampanje het hy sterk kritiek uitgespreek oor Amerika se buitelandse hulp tydens sy voorgangers se termyne. 'n Afskaling van buitelandse hulp sou egter in China se hande speel wat beplan om $1 biljoen se konstruksiehulp aan 100 lande beskikbaar te stel. Gevolglik is Trump se beleid in Oktober 2018 aangepas om buitelandse hulpprogramme vir infrastruktuur in Afrika, Asië en die Amerikas te bevorder. Dié hulpprogramme behels $60 miljard se lenings, leningswaarborge en versekering teen politieke risikos vir maatskappye wat in ontwikkelende lande wil besigheid doen. Die hoop is uitgespreek dat die nuwe stelsel beleggings volgens maksimum ekonomiese en politieke impak sal toeken, en gelyketyd die korrupsie en wanbestuur sal vryspring waardeur China se beleggings in Maleisië en elders gekenmerk is.[5]

Familie

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Bush says Trump was a Democrat longer than a Republican 'in the last decade'". PolitiFact Florida Politifact.com. Besoek op 21 Oktober 2015.
  2. (en) "The man responsible for Donald Trump's never-ending presidential campaign". News Local Massachusetts. Boston.com. 22 Januarie 2014. Besoek op 21 Oktober 2015.
  3. (en) Horwtiz, Jeff (22 Julie 2015). "Donald Trump wealth details released by federal regulators". Associated Press. Besoek op 16 Desember 2015.
  4. Kwasi, Stellah (14 Maart 2019). "High cost of having China as Africa's partner of choice". msn money. ISS Today, Daily Maverick. Besoek op 16 Maart 2019.
  5. 5,0 5,1 Thrush, Glen (15 Oktober 2018). "Trump Embraces Foreign Aid to Counter China's Global Influence". msn money. The New York Times. Besoek op 15 Oktober 2018.

Eksterne skakels