1903
Voorkoms
1903 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1898 | 1899 | 1900 | 1901 | 1902 | ◄ 1903 ► | 1904 | 1905 | 1906 | 1907 | 1908 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1903 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Eerste vlug | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1903 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 3de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Krugersdorp kry dorpstatus en 'n stadsraad.
- Alfred Milner inisieer SANAC (South African Native Affairs Commission).
- Henry James publiseer sy donker komedie The Ambassadors asook sy kortverhaal The Beast in the Jungle.
- 6 Januarie – Albert Einstein trou met Mileva Maric.
- 15 Februarie – Morris Michtom en sy vrou, Rose stel die eerste Teddy-bere aan die kinders van Amerika bekend.
- 5 Maart – Turkye en Duitsland teken 'n ooreenkoms om 'n treinspoor te bou tussen Konstantinopel en Bagdad.
- 22 Maart – Die Niagara-waterval se watervlak daal baie laag aan die Amerikaanse kant.
- 18 Mei – Die opening van die hawe van Boergas in Bulgarye.
- 16 Junie – Die Ford Motormaatskappy word gestig.
- 1 Julie – Die eerste Tour de France-fietswedren word aangebied.
- 4 Augustus – Pous Pius X volg Pous Leo XIII op as die 257ste pous.
- 10 Augustus – 'n Brand breek uit op die Paryse Metrotrein.
- 6 Oktober – Die hooggeregshof van Australië sit vir die eerste keer.
- 3 November – Met die aanmoeding van die VSA, proklameer Panama homself onafhanlik van Colombia.
- 6 November – Die VSA erken die onafhanklikheid van Panama.
- 17 Desember – Die eerste aangedrewe vlug vind plaas, deur die Wright-broers.
- 30 Desember – 'n Brand woed in die Iroquois-teater in Chicago, 600 mense sterf.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 11 Januarie – Alan Paton, Suid-Afrikaanse skrywer en politieke leier († 1988).
- 21 Februarie – Gerard Rissik, Suid-Afrikaanse bankier en die vierde president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank († 1979).
- 21 Februarie – Anaïs Nin, Amerikaanse essayis, romansier en kortverhaalskryfster († 1977).
- 7 Maart – Wynnie Schumann, Suid-Afrikaanse opvoedkundige († 1989).
- 3 April – Lili Kraus, Hongaarsgebore pianis († 1986).
- 3 Mei – Bing Crosby, Amerikaanse akteur en sanger († 1977).
- 4 Junie – Jevgeni Mrawinski, Russiese dirigent († 1988).
- 25 Junie – George Orwell (Eric Arthur Blair), skrywer († 1950).
- 14 Julie – Irving Stone, Amerikaanse romanskrywer († 1989).
- 22 Julie – Jan de Klerk, Suid-Afrikaanse politikus († 1979).
- 8 Augustus – Nico Malan, administrateur van Kaapland († 1981).
- 10 Augustus – Elizabeth Conradie, Afrikaanse lektor en navorser († 1939).
- 20 September – Alexandre Deulofeu, Spaanse politikus, bekend vir sy sikliese teorie oor die evolusie van beskawings († 1978).
- 25 September – Mark Rothko, Amerikaanse skilder († 1970).
- 1 Oktober – Vladimir Horowitz, Russies-Amerikaanse klassieke pianis en komponis († 1989).
- 8 Oktober – Mikro, (die skuilnaam van Christoffel Hermanus Kühn), bekende Afrikaanse skrywer († 1968).
- 28 Oktober – Evelyn Waugh, Engelse skrywer en joernalis († 1966).
- 31 Oktober – Bertrand de Jouvenel, Franse filosoof, politieke ekonoom en futuris († 1987).
- 3 November – Walker Evans, Amerikaanse fotograaf († 1975).
- 12 November – G.S. Nienaber, Afrikaanse taalkundige († 1994).
- 17 November – Nicolaas Johannes Diederichs, Suid-Afrikaanse politikus en derde Staatspresident van Suid-Afrika (1975–1978) († 1978).
- 5 Desember – Johannes Heesters, Nederlands-Duitse akteur en sanger († 2011).
- 21 Desember – Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) († 1976).
- 26 Desember – Elisha Cook Jr., Amerikaanse akteur († 1995).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 16 Januarie – Julius Vuylsteke, Vlaamse politikus en skrywer (* 1836).
- 13 Maart – Nicolaas Beets, ook bekend onder die pseudoniem Hildebrand, Nederlandse skrywer, digter, predikant en hoogleraar (* 1814).
- 28 April - Josiah Willard Gibbs - Amerikaanse wetenskaplike (*1839)
- 20 Julie – Pous Leo XIII, die 256ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1810).
- 4 September – Daantjie van den Heever, Hollandse taalstryder en lid van die Kaapse Parlement (* 1838).
- 1 November – Theodor Mommsen, Duitse politikus, skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1902 (* 1817).
- 8 Desember – Herbert Spencer, Engelse filosoof (* 1820).