2008-Drienasiesreeks
Datums | 5 Julie - 13 September |
---|---|
Kampioen | Nieu-Seeland (9 titels) |
Wedstryde gespeel | 9 |
Drieë gedruk | 43 (4.78 per wedstryd) |
Bywoning | 435 789 (48 421 per wedstryd) |
Meeste punte | Dan Carter (82) |
Meeste drieë | Jongi Nokwe (4) |
← 2007 2009 → | |
Die 2008-Drienasiesreeks was die 13de keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 5 Julie tot 13 September oor nege wedstryde beslis met elke span wat ses wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die negende keer gewen. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm en die Vryheidsbeker gewen, terwyl Australië met die Mandela Uitdaagplaat weggestap het. Dan Carter van Nieu-Seeland het die meeste punte aangeteken. Jongi Nokwe van Suid-Afrika het die meeste drieë gedruk (4).
Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]
Formaat
[wysig | wysig bron]Die formaat vir die 2008-toernooi was ietwat anders as dié van die vorige jare. Elke span het drie keer tuis gespeel, en drie keer weg, met ’n totaal van ses wedstryde elk, en nege in totaal. Met ’n wen het ’n span vier punte verdien, gelykop twee ligapunte, en ’n verloor met agt of meer punte nul ligapunte. ’n Bonuspunt kon verdien word op een van twee maniere: deur ten minste vier drieë in ’n wedstryd te druk, of deur met sewe punte of minder te verloor. Die toernooi se wenner was die span met die meeste ligapunte aan die einde van die toernooi.
Telkaart
[wysig | wysig bron]Nasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | ||||
1 | Nieu-Seeland | 6 | 4 | 0 | 2 | 152 | 106 | +46 | 3 | 19 |
2 | Australië | 6 | 3 | 0 | 3 | 119 | 163 | –44 | 2 | 14 |
3 | Suid-Afrika | 6 | 2 | 0 | 4 | 115 | 117 | –2 | 2 | 10 |
Wedstryddatums
[wysig | wysig bron]Datum | Datum | Datum | |||
---|---|---|---|---|---|
Week 1 | 5 Julie | Week 4 | 26 Julie | Week 7 | 23 Augustus |
Week 2 | 12 Julie | Week 5 | 2 Augustus | Week 8 | 30 Augustus |
Week 3 | 19 Julie | Week 6 | 16 Augustus | Week 9 | 13 September |
Week 1
[wysig | wysig bron]5 Julie 2008 | Nieu-Seeland | 19–8 | Suid-Afrika | Westpacstadion, Wellington, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drie: Jerome Kaino Doelskop: Dan Carter Strafdoele: Dan Carter (4) |
Verslag | Drie: Bryan Habana Strafdoel: Butch James |
Bywoning: 36 568 Skeidsregter: Stuart Dickinson (AUS) | |
Week 2
[wysig | wysig bron]12 Julie 2008 | Nieu-Seeland | 28–30 | Suid-Afrika | Carisbrook, Dunedin, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drie: Sione Lauaki Doelskop: Dan Carter Strafdoele: Dan Carter (5), Conrad Smith Skepdoel: Dan Carter |
Verslag | Drieë: JP Pietersen, Ricky Januarie Doelskop: François Steyn Strafdoele: Percy Montgomery (3), Butch James (2) Skepdoel: Butch James Kaart: Victor Matfield 72' tot 80' |
Bywoning: 29 126 Skeidsregter: Matt Goddard (AUS) | |
|
Week 3
[wysig | wysig bron]19 Julie 2008 | Australië | 16–9 | Suid-Afrika | Subiaco Ovaal, Perth, Australië | |
18:05 (AWST) | Drieë: Lote Tuqiri, Stirling Mortlock Doelskop: Matt Giteau Skepdoel: Berrick Barnes |
Verslag | Strafdoele: François Steyn (2), Butch James | Bywoning: 41 828 Skeidsregter: Bryce Lawrence (NZL) | |
|
Week 4
[wysig | wysig bron]26 Julie 2008 | Australië | 34–19 | Nieu-Seeland | ANZ-stadion, Sydney, Australië | |
20:05 (AEST) | Drieë: Ryan Cross, Peter Hynes, Rocky Elsom, James Horwill Doelskoppe: Matt Giteau (4) Strafdoel: Matt Giteau Skepdoel: Matt Giteau |
Verslag | Drieë: Mils Muliaina, Andrew Hore, Andy Ellis Doelskoppe: Dan Carter (2) Kaart: Brad Thorn 6' tot 16' |
Bywoning: 78 944 Skeidsregter: Craig Joubert (RSA) | |
|
Week 5
[wysig | wysig bron]2 Augustus 2008 | Nieu-Seeland | 39–10 | Australië | Edenpark, Auckland, Nieu-Seeland | |
19:35 (NZST) | Drieë: Tony Woodcock (2), Ma’a Nonu (2) Doelskoppe: Dan Carter (2) Strafdoele: Dan Carter (5) |
Verslag | Drie: Adam Ashley-Cooper Doelskop: Matt Giteau Strafdoel: Matt Giteau |
Bywoning: 45 000 Skeidsregter: Mark Lawrence (RSA) | |
Week 6
[wysig | wysig bron]16 Augustus 2008 | Suid-Afrika | 0–19 | Nieu-Seeland | Nuweland, Kaapstad, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Verslag | Drieë: Conrad Smith, Dan Carter, Keven Mealamu Doelskoppe: Dan Carter (2) |
Bywoning: 49 653 Skeidsregter: Matt Goddard (AUS) | ||
|
Week 7
[wysig | wysig bron]23 Augustus 2008 | Suid-Afrika | 15–27 | Australië | Kings Park, Durban, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drieë: Adrian Jacobs (2) Doelskop: Percy Montgomery Strafdoel: Butch James |
Verslag | Drieë: Benn Robinson, Lote Tuqiri, Stirling Mortlock Doelskoppe: Matt Giteau (3) Strafdoele: Matt Giteau (2) |
Bywoning: 48 123 Skeidsregter: Lyndon Bray (NZL) | |
|
Week 8
[wysig | wysig bron]30 Augustus 2008 | Suid-Afrika | 53–8 | Australië | Ellispark, Johannesburg, Suid-Afrika | |
15:00 (SAST) | Drieë: Andries Bekker, Jongi Nokwe (4), Adrian Jacobs, Ruan Pienaar, Odwa Ndungane Doelskoppe: Butch James (3), Percy Montgomery (2) Strafdoel: Butch James |
Verslag | Drie: Drew Mitchell Strafdoel: Matt Giteau |
Bywoning: 54 219 Skeidsregter: Bryce Lawrence (NZL) | |
Week 9
[wysig | wysig bron]13 September 2008 | Australië | 24–28 | Nieu-Seeland | Langpark, Brisbane, Australië | |
20:05 (AEST) | Drieë: Adam Ashley-Cooper, James Horwill, Ryan Cross Doelskoppe: Matt Giteau (3) Strafdoel: Matt Giteau |
Verslag | Drieë: Mils Muliaina, Tony Woodcock, Piri Weepu, Dan Carter Doelskoppe: Dan Carter (4) |
Bywoning: 52 328 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
|
Drienasiesreekskampioen 2008 |
---|
Nieu-Seeland |
Statistiek
[wysig | wysig bron]Meeste punte en drieë
[wysig | wysig bron]Meeste punte aangeteken:
|
Meeste drieë gedruk:
|
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.
- ↑ (en) "All Blacks shut Springboks out of game". All Blacks. 17 Augustus 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2008. Besoek op 5 September 2008.
- ↑ (en) "South Africa 0–19 New Zealand". BBC. 16 Augustus 2008. Besoek op 4 Augustus 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2008-Drienasiesreeks.
- (en) 2008-Drienasiesreeks op ESPNscrum