Aseksualiteit
Aseksualiteit is die gebrek aan seksuele aantrekking tot ander of aan belangstelling in seks.[2][3][4] Dit kan ook wyer gekategoriseer word om ’n breë spektrum aseksuele subidentiteite in te sluit.[5]
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Aseksualiteit verskil van seksuele onthouding en selibaat,[6][7] wat op gedrag betrekking het en gewoonlik gemotiveer word deur faktore soos persoonlike, sosiale of godsdienstige oortuigings.[8] Seksuele oriëntasie word as blywend beskou, anders as seksuele gedrag.[9] Sommige aseksuele mense het wel seks, ondanks ’n gebrek aan seksuele belangstelling of begeerte, om verskeie redes soos om ander te plesier of kinders te hê.[6][10]
Aanvaarding van aseksualiteit as ’n seksuele oriëntasie en wetenskaplike navorsing daaroor is steeds relatief nuut.[3][10] Al hoe meer sosiologiese en sielkundige navorsing word daaroor gedoen.[10] Terwyl sommige navorsers glo aseksualiteit is ’n seksuele oriëntasie, stem ander nie saam nie.[11][12]
Verskeie aseksuele gemeenskappe het ontstaan ná die uitvinding van die internet en sosiale media. Die bekendste is die Asexual Visibility and Education Network, wat in 2001 gestig is.[11][13][14]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Chasin, CJ DeLuzio (2013). "Reconsidering Asexuality and Its Radical Potential". Feminist Studies. 39 (2): 405–426.
- ↑ Robert L. Crooks; Karla Baur (2016). Our Sexuality. Cengage Learning. p. 300. ISBN 978-1305887428. Besoek op 4 Januarie 2017.
- ↑ 3,0 3,1 Katherine M. Helm (2015). Hooking Up: The Psychology of Sex and Dating. ABC-CLIO. p. 32. ISBN 978-1610699518. Besoek op 4 Januarie 2017.
- ↑ Kelly, Gary F. (2004). "12". Sexuality Today: The Human Perspective (7 uitg.). McGraw-Hill. p. 401. ISBN 978-0-07-255835-7.
- ↑ Scherrer, Kristin (2008). "Coming to an Asexual Identity: Negotiating Identity, Negotiating Desire". Sexualities. 11 (5): 621–641. doi:10.1177/1363460708094269. PMC 2893352. PMID 20593009.
- ↑ 6,0 6,1 Margaret Jordan Halter; Elizabeth M. Varcarolis (2013). Varcarolis' Foundations of Psychiatric Mental Health Nursing. Elsevier Health Sciences. p. 382. ISBN 978-1-4557-5358-1. Besoek op 7 Mei 2014.
- ↑ DePaulo, Bella (26 September 2011). "ASEXUALS: Who Are They and Why Are They Important?". Psychology Today. Besoek op 13 Desember 2011.
- ↑ The American Heritage Dictionary of the English Language (3de uitg. 1992), inskrywings vir celibacy en abstinence.
- ↑ "Sexual orientation, homosexuality and bisexuality". American Psychological Association. Besoek op 30 Maart 2013.
- ↑ 10,0 10,1 10,2 Prause, Nicole; Cynthia A. Graham (Augustus 2004). "Asexuality: Classification and Characterization" (PDF). Archives of Sexual Behavior. 36 (3): 341–356. doi:10.1007/s10508-006-9142-3. PMID 17345167. S2CID 12034925. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 September 2007. Besoek op 31 Augustus 2007.
- ↑ 11,0 11,1 Marshall Cavendish, red. (2010). "Asexuality". Sex and Society. Vol. 2. Marshall Cavendish. pp. 82–83. ISBN 978-0-7614-7906-2. Besoek op 27 Julie 2013.
- ↑ Bogaert, AF (April 2015). "Asexuality: What It Is and Why It Matters". The Journal of Sex Research. 52 (4): 362–379. doi:10.1080/00224499.2015.1015713. PMID 25897566. S2CID 23720993.
- ↑ Swash, Rosie (25 Februarie 2012). "Among the asexuals". The Guardian. Besoek op 2 Februarie 2013.
- ↑ "Overview". The Asexual Visibility and Education Network. 2008. Besoek op 6 Januarie 2016.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aseksualiteit.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.