Boeing B-29 Superfortress
B-29 Superfortress | |
---|---|
Tipe | Strategiese bomwerper |
Vervaardiger | Boeing |
Nooiensvlug | 21 September 1942[1] |
Vrygestel | 8 Mei 1944 |
Onttrek | 21 Junie 1960 |
Status | Uit diens gestel |
Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag Royal Air Force |
Vervaardig | 1943–1946[2] |
Aantal gebou | 3,970 |
Eenheidskoste | VS $639,188[3] |
Die Boeing B-29 Superfortress is 'n viermotorige skroefgedrewe swaar bomwerper, deur Boeing ontwerp, wat hoofsaaklik deur die Verenigde State van Amerika gevlieg is teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog en in die Korea-oorlog. Dit was een van die grootste vliegtuie wat diens gedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog en 'n baie gevorderde bomwerper vir sy tyd, met eienskappe soos 'n drukkajuit, 'n elektroniese vuurstelsel, en 'n kwartet van afstandbeheerde masjiengeweertorings bedryf deur die vuurstelsel in sy verdedigende stertgeweerinstallasie.
Die naam "Superfortress" is afgelei van dié van sy bekende voorganger, die B-17 Flying Fortress. Hoewel ontwerp as 'n hoë-hoogte strategiese bomwerper, en aanvanklik gebruik in hierdie rol teen die Japannese Ryk, is hierdie aanvalle as teleurstellend bewys, en gevolglik is die B-29 as die primêre vliegtuig in die Amerikaanse vuurbomveldtog gebruik. Dit was op groot skaal betrokke in lae-hoogte nagtelike brandbombarderingsmissies. Een van die B-29 se finale rolle gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die uitvoering van die atoombomaanvalle op Hiroshima en Nagasaki.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal enjins | 4 |
Tipe enjin | Skroef |
Vervaardiger | Wright R-3350-57 sterenjins |
Kraglewering per enjin | 2,200 perdekrag |
Vlerkspan | 43,05 m |
Lengte | 30,18 m |
Hoogte | 9,01 m |
Vlerkoppervlakte | 161,27 m2 |
Maks. opstygmassa | 56 296 kg |
Maks. snelheid | 576 km/h op 3505 m |
Operasionele hoogte | 9 695 m |
Togafstand: | 5 229 km |
Klimvermoë | 7 625 m in 43 minute |
Bewapening | Skiettoring met vier masjiengewere in die neus, met nog twee masjiengewere onder die neus en bo-en-onder die romp toegerus met 12.7 mm |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ LeMay and Yenne 1988, p. 60.
- ↑ "Boeing B-29." Boeing. URL besoek: 5 Augustus 2010.
- ↑ Knaack 1988, p. 486.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |