Gaan na inhoud

Daktilus (poësie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Daktilus is soos 'n vinger, met een lang deel gevolg deur twee korter dele.

'n Daktilus (mv. daktile of daktili) (Oudgrieks: δάκτυλος (dáktylos), vinger) is 'n versvoet wat bestaan uit 'n beklemtoonde lettergreep gevolg deur twee onbeklemtoonde lettergrepe. Mens noteer die daktilus as . Musikaal-ritmies gesien is die daktilus 'n driekwartmaat.

Die woord kom via die Latyn uit die Grieks en beteken vinger. Die versvoet het waarskynlik hierdie naam gekry omdat 'n vinger uit een lang lit en twee kort litte bestaan. Daktilus is as woord self metries gesien 'n daktilus, en is daarmee 'n selfvervuller. Dit kan as eselsbrug dien om die versvoet te onthou.

Voorbeelde

[wysig | wysig bron]
Dood was het hout, maar het hout moest herleven:
dood was zijn blad, maar de christene maagd
had het een blad en een blomme gegeven,
schoonder en beter als ‘t levende draagt:
-Guido Gezelle

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
  • Stijlfiguren, Ton den Boon, Sdu, 2001, blz. 155 e.v.