Gaan na inhoud

Dendriet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Struktuur van ’n tipiese neuron
Dendriet
Struktuur van ’n tipiese chemiese sinaps
Dendriet

Dendriete (van die Griekse δένδρον déndron, "boom") is die vertakkings van ’n neuron waarvan die funksie is om elektrochemiese seine wat van ander neurone ontvang word, aan te stuur na die selliggaam van die neuron waaruit die dentriet vertak. Elektriese seine word by sinapse oorgedra; dié kom op verskeie plekke aan die dendrietboom voor. Dendriete speel ’n kritieke rol in die integrering van hierdie sinaptiese insette en die bepaling van die mate waarin aksiepotensiale deur die neuron vervaardig word.[1]

Dendrietvertakking is ’n fisiologiese proses waarvolgens neurone nuwe dendrietbome en -takke vorm om nuwe sinapse te skep.[1] Die digtheid en groepering van die dendriete hang van die funksie van die spesifieke neuron af. Die verkeerde werking daarvan speel ’n groot rol in disfunksies in die senuweestelsel.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Urbanska, M.; Blazejczyk, M.; Jaworski, J. (2008). "Molecular basis of dendritic arborization". Acta neurobiologiae experimentalis. 68 (2): 264–288. PMID 18511961.
  2. Tavosanis, G. (2012). "Dendritic structural plasticity". Developmental Neurobiology. 72 (1): 73–86. doi:10.1002/dneu.20951. PMID 21761575.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]