Gaan na inhoud

Emil Jannings

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Emil Jannings
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Theodor Friedrich Emil Janenz
Geboorte 23 Julie 1884
Rorschach, Switserland
Sterfte 2 Januarie 1950
Strobl, Oostenryk
Nasionaliteit Duits, Oostenryks
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1914-'45
Rolprente The Way of All Flesh (1927) en The Last Command (1928)
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Rolprentpryse
Prys Jaar Kategorie Prent
Gewen
Oscar 1929 Akteur The Way of All Flesh, The Last Command
*Nota: Emil Jannings was die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het.

Emil Jannings (23 Julie 18842 Januarie 1950) was ’n Switsersgebore Duits-Oostenrykse akteur. Hy was die eerste persoon wat ’n Oscar gewen het, op die 1ste Oscar-toekenningsaand in 1929. Hy het vir twee prente gewen, The Way of All Flesh (1927) en The Last Command (1928).

Hy het onder meer in The Blue Angel (1930) gespeel saam met Marlene Dietrich, en het later in ’n paar Nazi-propagandaprente verskyn.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Hy is as Theodor Friedrich Emil Janenz in Rorschach, Switserland, gebore as die seun van ’n Russies-Duitse ma en Amerikaanse pa.[1][2] Terwyl hy nog jonk was, het sy ouers na Görlitz in Duitsland getrek en hy het sy verhoogloopbaan in die dorp se staatsteater begin. Hy het in Bremen en Leipzig gewerk voordat hy by die Max Reinhardt-teatergeselskap in Berlyn aangesluit het.[3]

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Jannings het later ook in rolprente gespeel. Hy het in die 1922-weergawe van Othello en in F.W. Murnau se The Last Laugh verskyn. Hy het in nog twee prente saam met Murnau gewerk voordat hy ’n loopbaan in Hollywood begin het. In 1929 het hy die eerste Oscar gewen vir beste akteur vir twee prente: The Way of All Flesh (nou verlore) en The Last Command.

Sy Hollywood-loopbaan het tot ’n einde gekom ná die ontdekking van praatrolprente – sy swaar Duitse aksent was te moeilik om te verstaan. Sy stem is aanvanklik oorgeklank, maar hy het eindelik na Europa teruggekeer en saam met Marlene Dietrich in die 1930-prent The Blue Angel gespeel; die Engelse weergawe is saam met die Duitse weergawe, Der Blaue Engel, verfilm.

Volgens Susan Orlean, skrywer van Rin Tin Tin: The Life and The Legend (Simon and Schuster, 2011), was Jannings nie die eintlike wenner van die Oscar vir beste akteur nie, maar die naaswenner. Toe Orlean navorsing vir die boek doen, het sy ontdek die eintlike wenner was Rin Tin Tin, die Duitse herdershond, een van die grootste "akteurs" van sy tyd. Die Academy of Motion Picture Arts and Sciences was egter bang mense neem hulle nie ernstig op as ’n hond die eerste Oscar wen nie, en hulle het dit toe aan die menslike naaswenner gegee.[4]

Latere lewe

[wysig | wysig bron]
In 1938 saam met Joseph Goebbels.

Tydens die Derde Ryk het hy in verskeie prente gespeel wat Nazisme bevorder het: The Youth of Frederick the Great (1935), Der Herrscher (1937), Ohm Krüger (1941) en The Dismissal of Bismarck (1942). Die minister van propaganda, Joseph Goebbels, het hom in 1941 "kunstenaar van die staat" gemaak.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het hy naby Salzburg in Oostenryk afgetree en in 1947 ’n Oostenrykse burger geword.[3]

Jannings was drie keer getroud, al drie keer met aktrises en al die huwelike het in egskeidings geëindig. Hy is in 1950 op 65-jarige leeftyd in Strobl aan lewerkanker oorlede.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Roman Rocek: Die neun Leben des Alexander Lernet-Holenia. Eine Biographie. Böhlau, Wien u.a. 1997, ISBN 3-205-98713-6. S. 186
  2. Frank Noack: "Jannings. Der erste deutsche Weltstar". Collection Rolf Heyne, München 2012
  3. 3,0 3,1 The Times, Herr Emil Jannings A Great Film Actor, uitg. 51580, 4 Januarie 1950, URL besoek op 15 Januarie 2012
  4. Throw Rin Tin Tin A Bone & Give Back The Pooch's Best Actor Oscar deur Susan Orlean
  5. Chroniknet.de, 2 Januarie 1950Obituary for Emil Jannings]

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Frank Noack: Jannings. Belleville, München 2009 ISBN 978-3-933510-50-1
  • Carl Zuckmayer: Geheimreport. Hrsg. von Gunther Nickel und Johanna Schrön. Wallstein Verlag, Göttingen 2002, ISBN 3-89244-599-0; pp. 136–45
  • Emil Jannings: Theater, Film – Das Leben und ich. Autobiographie. Berchtesgaden: Verlag Zimmer & Herzog, 1951. (posthumous)
  • Herbert Ihering: Emil Jannings: Baumeister seines Lebens und seiner Filme. Heidelberg 1941

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]