Gaan na inhoud

Gaele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Gael)
Gaele

An Gal Gréine, 'n tradisionele Gaeliese simbool, die eerste keer genoem in die Fiannaíocht.
Totale bevolking: ca. 1,9 miljoen (linguisties)
Belangrike bevolkings  in: Flag of Ireland Ierland 1 770 000 (linguisties)[1]

Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 122 518 (linguisties)[2]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 27 475 (linguisties)[3]
Vlag van Kanada Kanada 9 000 (linguisties)[4]
Vlag van Australië Australië 2 717 (linguisties)[5]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 670 (linguisties)

Taal: Iers-GaeliesSkots-GaeliesManx-Gaelies
(Nie-Gaelies: EngelsSpaansSkots)
Geloofsoortuiging: Christendom • ongebonde (histories: Paganisme)
Verwante etniese groepe: Noors-Gaele • Oud-Engelse in Ierland

Die Gaele (Iers-Gaelies: Na Gaeil, [ɡeːl]; Skots-Gaelies: Na Gàidheil, [ˈkɛː.el]; Manx-Gaelies: Ny Gaeil, [ge:l]), ook bekend as die Goidels, is ’n etnolinguistiese groep wat inheems is aan Noordwes-Europa. Hulle word verbind met die Gaeliese tale, ’n tak van die Keltiese tale wat Iers-Gaelies, Manx-Gaelies en Skots-Gaelies insluit. Soms word hulle ook Iere of Skotte genoem, maar die omvang van laasgenoemde nasionaliteite is vandag veel meer kompleks.

Gebiede wat in linguistiese en kulturele opsig Gaelies was: op die hoogtepunt van die Gaeliese uitbreiding, ca. 1000 (liggroen); gebiede wat rondom 1700 linguisties en kulturell Gaelies was (mediumgroen); en gebiede wat hedendaags Gaeliestalig is (donkergroen)

Die Gaeliese tale en kultuur het in Ierland ontstaan en daarna versprei na Dál Riata in Suidwes-Skotland. In die Middeleeue het hulle ’n oorheersende bevolking in Skotland en op die eiland Man geword. In die meeste gebiede het die Gaele egter geleidelik verengels en is die Gaeliese tale deur Engels vervang. Die moderne afstammelinge van die Gaele is deur ’n groot deel van Brittanje versprei, asook tot so ver as die Amerikas en Oseanië.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Census 2011: 1.77m say they are able to speak Irish" (in Engels). The Journal. 7 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020.
  2. "Census 2011: Key Statistics for Northern Ireland" (PDF) (in Engels). Northern Ireland Statistics and Research Agency. 7 Februarie 2014. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2017.
  3. (en) Osbourn 2006, p. 204.
  4. "National Household Survey (NHS) 2011" (in Engels). Statistics Canada. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 7 Februarie 2015.
  5. "The Irish language in Australia: sociocultural identity in diasporic minority language use" (in Engels). Jill Vaughan. 7 Februarie 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]