Gaan na inhoud

Gebruikerbespreking:Woordgenoot

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hallo Woordgenoot, hartlik welkom op die Afrikaanse Wikipedia! Message in English Bericht in het Nederlands
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 119 953 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm vertoon word, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap gestuur is. Kliek dan laastens op "Publiseer wysigings" om enige bewerkings te stoor.

Oesjaar (kontak) 11:12, 5 Februarie 2024 (UTC)[antwoord]

Rök-steen

[wysig bron]

@Woordgenoot:, wat is jou mening om hierdie naam te skryf: vas, los of is dit regso met die koppelteken? Groete! Oesjaar (kontak) 08:35, 22 Februarie 2024 (UTC)[antwoord]

Hallo Oesjaar! Dit wil vir my voorkom of 'n koppelteken en om die twee woorde vas te skryf, reg kan wees. Skryf Afrikaans reël 25.44 noem dat 'n koppelteken onnodig is "wanneer die samestelling kort is", maar sê dan ook "of goed bekend en maklik leesbaar is". In hierdie geval dink ek daar kan uitspraakverwarring sonder die koppelteken voorkom en Rök is ook 'n ongewone naam. So ek sou sê dat die gebruik met die koppelteken wel reg is. Groete Woordgenoot (kontak) 11:50, 22 Februarie 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie! Nou weet ons! Groete! Oesjaar (kontak) 12:12, 22 Februarie 2024 (UTC)[antwoord]

Betekenis van die woord "deser"

[wysig bron]

Goeienaand Woordgenoot, die woord deser beteken hierdie (selfde) maand. Dus nie korrek indien jy dit verander na Desember toe nie. Groete!-- Aliwal2012 17:25, 10 Maart 2024 (UTC)[antwoord]

Goeienaand @Aliwal2012, dankie vir die boodskap. Nou verstaan ek. Ek het die HAT genader, maar die betekenis was steeds nie vir my duidelik nie. Ek dink dis 'n woord wat ons jonger generasie nie eintlik ken nie. Groete, Woordgenoot 21:41, 10 Maart 2024‎
Maroela Media gebruik vandeesmaand: https://www.google.com/search?q=site%3Amaroelamedia.co.za+%22vandeesmaand%22Pynappel (kontak) 19:02, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Gebruikersblad

[wysig bron]

Hallo, mag ek vra hoekom jy my gebruikersbladsy geskep het? -- SilverBullet X (kontak) 18:35, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

@SilverBullet X:, ek as 'n Burokraat het haar gevra om dit te doen vir alle nuwe gebruikers. Ons doen dit omrede baie nuwe gebruikers nie eers bewus is dat hulle oor 'n Gebruikersblad beskik nie. Groete. Oesjaar (kontak) 18:46, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar, Ek is dankbaar vir jou antwoord. Ek sal dit waardeer as jy my kan laat weet watter polis beleid dit is (ideaal die spesifieke artikel ingesluit). -- SilverBullet X (kontak) 18:53, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Polis??? Jy bedoel dalk beleid? Oesjaar (kontak) 19:06, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar Jammer, meneer. Ja, die beleid. -- SilverBullet X (kontak) 19:08, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Daar is nie 'n geskrewe beleid nie, ons het net besluit dat ons nuwe gebruikers vra om iets oor hulself te vertel. Dit kan ons in moontlik staat stel om te weet wat hulle vak gebied is sodat ander mense kan baat vind by hulle kennis. Jy kan die vraag verwyder van jou gebruikersblad as jy wil en los dit skoon, ander gebruikers het. Hoekom pla dit jou? Oesjaar (kontak) 19:21, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Net vir die rekord: die gebruikersblad is joune. Hierna raak ons nie aan hom behalwe as daar gemors soos politieke dinge, vloekery, ens geplaas word. Oesjaar (kontak) 19:23, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar, Pla dit my? Skaars. Dit het te doen met beleid. Ek is bewus van die gebruikersbladsy-beleide rakende wat ek wel en nie mag skryf nie, so ek aanvaar jou idee en respekteer jou standpunt. Ek sal dit waardeer as jy my besorgdheid verstaan oor iemand anders wat op my gebruikersbladsy skryf. Dankie vir jou tyd, en ek hoop almal het 'n wonderlike dag. -- SilverBullet X (kontak) 19:36, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie, ek verstaan. Jammer vir enige ongerief. Is jou moerdertaal Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 19:39, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
@Oesjaar, Dankie vir jou begrip. Met alle respek, ek wil nie enige inligting bekend maak wat ek nie verplig is om te deel nie. Vriendelike groete. -- SilverBullet X (kontak) 19:56, 30 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Verwelkomings sjablone

[wysig bron]

Hallo @Woordgenoot. Ek sien jy gebruik reeds die Sjabloon:Welkom sjabloon om op nuwe gebruikers se besprekingsbladsye te plaas. Dankie vir jou harde werk om al die nuwelinge te verwelkom.

Ek sien ook jy skryf dieselfde boodskap op alle nuwe gebruikers se gebruikersbladsye. Ek het 'n nuwe sjabloon geskep wat jy kan gebruik vir daai doeleinde. Plaas net: {{Nuwe gebruikersbladsy}} op die bladsy om dit te gebruik.

Voel vry om die sjabloon te wysig en verbeter: https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon%3ANuwe_gebruikersbladsy&veaction=editsource

- Rooiratel (kontak) 10:41, 7 Oktober 2024 (UTC)[antwoord]

Baie dankie vir jou moeite om dinge te vergemaklik! Ek maak in die toekoms so.
Wat jou voorstel op die gebruikersblad oor die Campaign Events betref - ek dink definitief dis iets wat ons van gebruik moet maak. Dis bloot net nie moontlik vir my om presies te weet wanneer die deelnemers iets oplaai nie, want hulle kommunikeer dit nie altyd met my nie. Ek het wel in van my latere e-posse gevra dat hulle die Wedstrydsjabloon gebruik. Tog dink ek daar gaan steeds artikels wees wat deurglip.
Groete! Woordgenoot (kontak) 11:47, 16 Oktober 2024 (UTC)[antwoord]