Gereformeerde kerk Viljoenskroon
Gereformeerde kerk Viljoenskroon | ||
Sluit in | Vierfontein Viljoenskroon | |
Denominasie | Gereformeerd | |
Klassis | Noord-Vrystaat | |
Huidige predikant(e) | N.G. (Nic) Laubscher (huldiens) | |
Belydende lidmate | 22 | |
Dooplidmate | 2 | |
Adres | Piet Retiefstraat 52 Viljoenskroon | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1940 | |
Afgestig van | Parys | |
Eerste predikant | G.H.J. Kruger (1940–'45) |
Die Gereformeerde kerk Viljoenskroon is die sewende oudste gemeente in die GKSA se Klassis Noord-Vrystaat. Einde 2015, toe hier net 22 belydende en een dooplidmaat was, was dit die kleinste van die 22 gemeentes in dié Klassis. In 1960 het die belydende lidmate 114 getel en die dooplidmate 108 en in 2001 onderskeidelik 55 en 15.
Tydens die Eerste Wêreldoorlog is ’n predikant van die Gereformeerde Kerk beroep om die dorpe Vredefort, Parys, Bothaville en Hoopstad te bedien. Eers in 1920 is die dorp Viljoenskroon gestig en het dit ’n wyk van die Gereformeerde kerk Parys geword. Danksy enkele lidmate in die omgewing is ’n kerkgebou op Viljoenskroon gebou. Oudl. J.C. Naudé het die hoeksteen van dié gebou op 15 Mei 1937 gelê. Omdat dit destyds nie meer regverdig geblyk het om eredienste op Vredefort te hou nie, is die preekstoel, banke, Nagmaaltafels en stoele daarvandaan na Viljoenskroon oorgeplaas.
In 1940 het die wyk Viljoenskroon van die Gereformeerde kerk Parys afgestig as die Gereformeerde kerk Viljoenskroon. In 1985 is die kerkgebou opgeknap en die ou banke vervang. ’n Elektroniese orrel is aangekoop. Tussen die banke in die kerk met sy uitsonderlike, vierkantige toring, is nog gehoorstukke uit vergange se dae.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Boneschans, Jan Hendrik, 1953 – 1955 (aanvaar sy emeritaat)
- Kempff, dr. Dionysius, 1957 – 1963
- Venter, Jacobus Johannes, 1963 – 1966
- Snyman, Philippus Christoffel, 1967 – 1969
- Snyman, Philippus, 1970 – 1976
- Coetzee, dr. Carel Frederick Christoffel, 1976 – 1982 (in kombinasie met Bothaville)
- Jordaan, dr. Gert Johannes Cornelis, 1982 – 1986 (in kombinasie met Bothaville)
- Du Plessis, dr. Wynand Petrus, 1986 – 1992 (in kombinasie met Bothaville)
- Franck, Jules Edgard, 1992 – 2000 (in kombinasie met Bothaville)
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.