Lafayette-klas duikboot
Subklas van | ballistiese missiel duikboot |
---|---|
Kort naam | Lafayette |
Vernoem na | USS Lafayette |
Land van oorsprong | Verenigde State |
Operateur | Amerikaanse Vloot |
Vervaardiger | General Dynamics Electric Boat |
Die Lafayette-klas duikboot is 'n kernaangedrewe klas duikbote van die Amerikaanse Vloot wat ballistiese missiele gedra het en ontwikkel is uit die Ethan Allen-klas. Daar is nege duikbote in die klas in diens gestel wat oor 'n 18 maande periode geskied het vroeg in 1963. Die eerste duikboot, USS Lafayette, is op 4 Januarie 1964 in diens gestel. Oor die volgende drie jaar het die Lafayette vyftien patrollies voltooi. Haar 15de patrollie was ook die 400ste patrollie deur die duikbote wat Polaris-missiele gedra het. Die jaar daarna was sy na Newport Dry Dock Company waar sy opgradering ondergaan het, dit het bykans 'n jaar geneem.
Die duikboot USS James Monroe, van hierdie klas, aanvanklik toegerus met Polaris A-2 missiele, was opgradeer en toegerus met Polaris A3-missiele.
Nog 'n ontwikkeling in hierdie klas het plaasgevind toe die Trident I ballistiese missiel beskikbaar geword het. Die Trident was ontwikkel om deur die Ohio-klas duikboot gedra te word, maar die Ohio-klas was sou eers in 1979 beskikbaar wees. Ses van die Lafayette-klas duikbote is aangepas om die Trident te dra. Dit het verseker dat hierdie klas oor drie dekades diens kon doen. Die eerste duikbote in die klas is in die laat 1980's uit diens onttrek en die laaste in 1994.
Benjamin Franklin-klas duikboot
[wysig | wysig bron]Die Benjamin Franklin-klas duikboot is feitlik identies as die Lafayette-klas maar beskik oor nuwer en stiller masjinerie en is beskou as 'n nuwe klas. Twee duikbote in die klas, USS Kamehameda en USS James K. Polk is later omgeskep in aanvalsduikbote om operasies saam met SEAL-magte te kan doen.
Duikbote in die klas
[wysig | wysig bron]Duikbote van die Lafayette-klas:[1][2]
Naam en wimpelnommer | Bootbouer | Kiel gelê | Te water gelaat | In diens gestel | Uiteinde |
---|---|---|---|---|---|
USS Lafayette (SSBN-616) | General Dynamics Electric Boat | 17 Januarie 1961 | 8 Mei 1962 | 23 April 1963 | Uit diens gestel op 12 Augustus 1991. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1992 |
USS Alexander Hamilton (SSBN-617) | General Dynamics Electric Boat | 26 Junie 1961 | 18 Augustus 1962 | 27 Junie 1963 | Uit diens gestel op 23 Februarie 1993. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1994 |
USS Andrew Jackson (SSBN-619) | Mare Island Naval Shipyard | 26 April 1961 | 15 September 1962 | 3 Julie 1963 | Uit diens gestel op 31 Augustus 1989. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1999 |
USS John Adams (SSBN-620) | Portsmouth Naval Shipyard | 19 Mei 1961 | 12 Januarie 1963 | 12 Mei 1964 | Uit diens gestel op 24 Maart 1989. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1996 |
USS James Monroe (SSBN-622) | Newport News Shipbuilding and Drydock Co. | 31 Julie 1961 | 4 Augustus 1962 | 7 Desember 1963 | Uit diens gestel op 25 September 1990. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1995 |
USS Nathan Hale (SSBN-623) | General Dynamics Electric Boat | 2 Oktober 1961 | 12 Januarie 1963 | 23 November 1963 | Uit diens gestel op 3 November 1986. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1994 |
USS Woodrow Wilson (SSBN-624) | Mare Island Naval Shipyard | 13 September 1961 | 22 Februarie 1963 | 27 Desember 1963 | Uit diens gestel op 1 September 1994. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1998 |
USS Henry Clay (SSBN-625) | Newport News Shipbuilding and Drydock Co. | 23 Oktober 1961 | 30 November 1962 | 20 Februarie 1964 | Uit diens gestel op 5 November 1990. Herwin deur die Ship-Submarine Recycling Program, 1997 |
USS Daniel Webster (SSBN-626) | General Dynamics Electric Boat | 28 Desember 1961 | 27 April 1963 | 9 April 1964 | Uit diens gestel op 30 August 1990. Omgeskakel na die drywende opleidingsksip (MTS-626) met missiel kompartement verwyder. |
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Verplasing (oppervlak) | 7 022.3 metrieke ton |
Verplasing (onderwater) | 7 981.9 metrieke ton |
Lengte | 129,6 m |
Breedte | 10,06 m |
Aandrywing | 1 x S5W kernreaktor 2 x stoom turbines van 11,185.5 kW |
Spoed (oppervlak) | 20,0 knope |
Spoed (onderwater) | 25,0 knope |
Bemanning | 143 persone |
Wapens | 16 buise vir Polaris of Poseiden missiele 4 x 533 mm torpedobuise |
Bron
[wysig | wysig bron]- The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015, ISBN 978-0-85723-601-2
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Gardiner and Chumbley 1995, p.612.
- ↑ "History of the US Fleet of Ballistic Missile Submarines". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2012. Besoek op 18 Oktober 2012. California Center for Military History