Gaan na inhoud

Membathisi Mdladlana

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Membathisi Mdladlana

Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Kanada
Ampsbekleër
Termynaanvang
September 2012

Minister van Arbeid
Ampstermyn
Julie 1998 – 30 Oktober 2010
President Jacob Zuma
Kgalema Motlanthe
Thabo Mbeki
Nelson Mandela
Voorafgegaan deur Tito Mboweni
Opgevolg deur Mildred Oliphant

Persoonlike besonderhede
Gebore Membathisi Mphumzi Shepherd Mdladlana
(1952-05-12)12 Mei 1952
Keiskammahoek, Oos-Kaap
Sterf 18 Oktober 2024 (op 72)
Politieke party African National Congress

Membathisi Mdladlana (12 Mei 1952 - 18 Oktober 2024) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was sedert September 2012 die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Kanada. Hy is gebore in Keiskammahoek, Oos-Kaap.

Onderwyser

[wysig | wysig bron]

Mdladlana was 'n onderwyser en het in 1997 'n Baccalaureus Artium aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf in die onderwys en die Xhosa-taal. Van 1972 tot 1981 was Mdladlana 'n onderwyser aan die Laerskool Vukukhanye in Gugulethu, 'n township van Kaapstad. Van 1982 tot 1994 was hy die hoof van die Laerskool Andile in Crossroads, Kaapstad.

Politikus

[wysig | wysig bron]

Hy was die Minister van Arbeid van Suid-Afrika van 1998 tot 2010 nadat hy deur Nelson Mandela aangestel is.

Mdladlana sterf on 18 October 2024, op die ouderdom van 72, as 'n gevolg van COVID-19.[1][2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Former Minister of Labour Membathisi Mdladlana dies at 72". IOL. 18 Oktober 2024. Besoek op 18 Oktober 2024.
  2. "'Covid-19 took Membathisi Mdladlana's life' - eNCA". www.enca.com (in Engels). 26 Oktober 2024. Besoek op 27 Oktober 2024.