Gaan na inhoud

Minsk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Minsk
Мінск • Минск

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Belarus Belarus
 Metropolitaanse Munisipaliteit Minsk
 Koördinate 53°54′N 27°34′O / 53.900°N 27.567°O / 53.900; 27.567
 Gestig op 2 September 1067
 Oppervlakte:  
 - Totaal 409,5 vk km
 Hoogte bo seevlak 280,6 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2018) 1 995 000
 - Bevolkingsdigtheid 5 966/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 645 500
 Etniese groepe:  
 - Belarusse 63,3%
 - Russe 15,7%
 - Pole 1,1%
 - Ander Minder as 20%
 Tydsone UTC+3 (VOET)
 Burgemeester Andrei Shorets
 Amptelike Webwerf minsk.gov.by

Minsk (Belarussies: Мінск, uitgespreek [mʲinsk]; Russies: Минск, uitgespreek [mʲinsk]; Pools: Mińsk) is die hoofstad en grootste stad van Belarus met 'n bevolking van 1 995 000 soos op 1 Januarie 2018.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Minsk was al in 1067 bekend as Mennesk. Sedert 1101 was dit die hoofstad van 'n onafhanklike vorstedom, wat in 1129 'n onderdeel word van Kiëf. Aan die begin van die 14de eeu word die stad 'n onderdeel van Litaue en in die 16de eeu word Minsk 'n belangrike handelstad. Vanaf 1796 word Minsk die hoofstad van Wit-Rusland (nou Belarus), deel van die Russiese Ryk sedert die Tweede Poolse Verdeling in 1793. In 1812 word die stad deur die troepe van Napoleon Bonaparte verwoes.

Minsk word 'n belangrike stad in die twintigste eeu. In 1914-1915 was Minsk die setel van die Russiese opperbevel. In die jare 10, 20 en 30 groei die bevolking van die stad relatief sterk. Van 1919 tot 1920 was die stad beset deur Pole. In 1941 word Minsk tydens die Slag van Białystok-Minsk, 'n onderdeel van Operasie Barbarossa, sowat 95% verwoes. Van die totale 300.000 inwoners was ongeveer 90.000 Jode. Tydens die Tweede Wêreldoorlog word die Joodse bevolking van Minsk deur die nazis in die berugte getto van Minsk opgesluit. In totaal was die getto bevolk deur 100.000 mense. Die inwoners van die getto is deur die nazis uitgeroei. Slegs enkele het die oorlog oorleef.[1]

In 1944 tel die stad nog maar ongeveer 50 000 inwoners. Na die Tweede Wêreldoorlog word die stad herbou, met breë strate en groot parke.[2] In die binnestad word die straatpatroon vervang deur haakse strate en groot verteenwoordigende geboue. Na die Tweede Wêreldoorlog neem die bevolking snel toe. Teen 1959 bedra die inwonertal al 509.500 inwoners; teen 1970 was dit 907.100.

In die tagtigerjare word die metro van Minsk geopen en in 1982 volg 'n nuwe nasionale lughawe.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Bohn, Thomas M. (2008). Minsk – Musterstadt des Sozialismus: Stadtplanung und Urbanisierung in der Sowjetunion nach 1945. Köln: Böhlau. ISBN 978-3-412-20071-8.
  • Бон, томас м. (2013). "Минский феномен". Городское планирование и урбанизация в Советском Союзе после Второй мировой войны. Vertaal deur Слепович, Е. Москва: РОССПЭН.
  • Бон, томас м. (2016). Сагановіч, Г. (red.). "Мінскі феномен". Гарадское планаванне і ўрбанізацыя ў Савецкім Саюзе пасля 1945 г. Vertaal deur Рытаровіч, мовы М. ; навук. рэд. Мінск: Зміцер Колас.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Minsk Ghetto Aktion Reinhard Camps, 2005
  2. Michiel Driebergen (20 Oktober 2019). "Visumvrij naar Minsk: dit moet je bezoeken". Trouw.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]