Molière
Franse akteur, teaterdirekteur en toneelskrywer
Genres
Blyspel, comédie-ballet
Beduidende werke
L'Avare
Le Malade imaginaire
Le Misanthrope
Tartuffe ou L'Imposteur
Molière (* 15 Januarie 1622 in Parys as Jean-Baptiste Poquelin; † 17 Februarie 1673 in Parys) was 'n Franse akteur, teaterdirekteur en toneelskrywer.
Molière was die seun van 'n koninklike hofamptenaar en het omvattende humanistiese opleiding ontvang. Hy het in regswetenskappe gestudeer, maar reeds in 1643 sy eie toneelgeselskap te Parys gestig wat egter min sukses behaal het. Molière het derhalwe by 'n rondtrekkende toneelgeskelskap aangesluit en deur Frankryk getoer.
In hierdie tydperk het Molière begin om sy eie toneelstukke te skryf. Vanaf 1658 het hy weer in Parys onder vreemde regie in toneelstukke opgetree en in 1665 self direkteur van 'n toneelgeselskap geword wat onder koninklike beskerming gestaan het. Molière het met sy "klassieke" karakterkomedies in vyf bedrywe groot sukses behaal. Balletopvoerings het deel uitgemaak van Molière se bekendste blyspele, waaronder Le Malade imaginaire ("Die ingebeelde sieke").