Gaan na inhoud

Nieuw-Holland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Nieuw-Holland op een van die Coronelli Aardbolle.

Nieuw-Holland is die geskiedkundige name vir die eilandkontinent van Australië wat deur die Hollanders ontdek is. Die naam is vir die eerste keer gebruik in 1644 deur Abel Tasman en sou nog lank daarna gebruik word. Op verskeie 19de eeuse kaarte is die naam gebruik om die onverkende weste van Australië aan te dui terwyl die Britte reeds nedersettings in die ooste van Australië gevestig het naamlik die state Nieu-Suid-Wallis, Tasmanië, Queensland en Victoria. Later sou Suid-Australië hier bygevoeg word. Toe die Franse dreig om die Nouvelle Hollande soos dit in Frans bekend gestaan het te koloniseer, het die Britte ook begin belangstel in die weste van Australië en het hulle dit dan ook gekoloniseer.

William Dampier het die naam in sy skrywe oor sy reis na die gebied gebruik.[1][2]

In 1804 het Matthew Flinders aanbeveel dat die naam Australië eerder gebruik word in plaas van New Holland maar die naam het eers in 1824 amptelike erkenning in die Verenigde Koninkryk verkry. Die naam is in Nederland tot so laat as die einde van die 19de eeu nog gebruik; tans is die naam nie meer in gebruik nie.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Dampier, William,(1981) A voyage to New Holland : the English voyage of discovery to the South Seas in 1699 edited with an introduction by James Spencer. Gloucester : Alan Sutton. ISBN 0904387755
  2. http://www.gutenberg.org/etext/15675 - Dampier se boek oor Nieuw-Holland by die Gutenberg-projek