Petsjora
Voorkoms
Petsjora | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Petsjora | |
Die stroomgebied van die Petsjora | |
Oorsprong | Oeralgebergte, Republiek van Komi, Rusland |
Monding | Nenetsië, Rusland Petsjorasee (Barentssee) |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 809 km (1 124 myl) |
Oorspronghoogte | 630 m (2 067 voet) |
Mondinghoogte | 0 m (0 voet) |
Gemiddelde afloop | 4 100 m³/s (145 000 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 322 000 km² (124 500 myl²) |
Kaart van die Petsjora-bekken in Europa
|
Die Petsjora (Russies: Печо́ра; Komi: Печӧра; Nenets: Санэроˮ яха) is 'n groot noord-vloeiende rivier in die Europese deel van Rusland. Dié rivier, met 'n lengte van 1 809 km (1 124 myl), ontspring in die noordelike Oeralgebergte in die Republiek van Komi. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Republiek van Komi en bereik Woektyl. Vanaf hier vloei die Petsjora eers in 'n noordwestelike rigting deur Petsjora, later in 'n suidwestelike rigting en dan in 'n noordelike rigting. Noord van Narjan-Mar, Nenetsië, mond dié rivier in 'n delta in die Petsjorasee, 'n randmeer van die Barentssee, uit.[1]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Pechora River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2018. Besoek op 17 Augustus 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Petsjora.