Sneeubalsuikerbos
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Protea cryophila)
Sneeubalsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. cryophila
|
Binomiale naam | |
Protea cryophila Bolus, 1909
| |
Sinonieme | |
|
Die sneeubalsuikerbos (Protea cryophila) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan die Sederberg waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik is dig, bebos en word 3 m in deursnee en blom van Januarie tot April.
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie, word na 'n lang tydperk vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei op sandsteengrond op rotslyste op hoogtes van 1 750 - 1900 m.
In Engels staan dit as die Snow Protea bekend.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sneeubalsuikerbos.