Gaan na inhoud

Prudentius

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Aurelius Prudentius Clemens was 'n Romeinse Christelike digter. Hy is in 348 in die Romeinse provinsie Hispania Tarraconensis (tans Noord-Spanje) gebore.[1] Hy sterf waarskynlik ná 405 in die Iberiese skiereiland, moontlik in 413. Sy geboorteplek is onseker, maar dit was waarskynlik Caesaraugusta (Saragossa), Tarraco (Tarragona) of Calagurris (Calahorra).

Prudentius het die regte met 'n mate van sukses beoefen en was twee keer provinsiale goewerneur, waarskynlik in sy geboorteland, voordat keiser Theodosius I hom na sy hofhouding ontbied het. Teen die einde van sy lewe (moontlik omstreeks 392) het Prudentius uit die openbare lewe getree om 'n askeet te word, en hom tot aandtyd van kos weerhou, en van álle vleis. In die tyd het hy gedigte en himnes geskryf asook omstrede werke ter verdediging van die Christendom.[2] Prudentius het later sy Christelike gedigte wat gedurende die tydperk geskryf is gebundel en 'n voorwoord (gedateer 405) bygevoeg.

Poësie

[wysig | wysig bron]

Prudentius se poësie is beïnvloed deur die Bybel, vroeë Christelike skrywers soos Tertullianus en Sint Ambrosius van Milaan en die Christenmartelaars. Sy himne, Da, puer, plectrum (insluitend "Corde natus ex parentis") en die lofsang vir Driekoningedag, O sola magnarum urbium, beide uit die Cathemerinon, word vandag steeds gebruik.[1]

Die allegoriese Psychomachia is egter sy mees invloedryke werk. Dit openbaar eienskappe van beide Helleniese epiese en innerlike sielkundige konflik.[3] Die werk was die inspirasie vir en bron van Middeleeuse allegoriese literatuur, en die invloed daarvan (volgens C.S. Lewis) het sy intrinsieke artistieke meriete ver oortref.[4] In die stryd tussen deug en ondeug word volle gewig gegee aan die krag van Luxuria (begeerte en wellus), “Met blomme bespan en swaaiend van die wynbeker, Elke stap 'n lus van geur”.[5] Met haar dienaars Skoonheid en Plesier, en haar wapens van roosblare en viooltjies, slaag sy daarin om die leër van die Deugde te beïnvloed “in oorgawe aan die liefde”,[6] voordat hy uiteindelik 'n verpletterende nederlaag ly.

Invloed

[wysig | wysig bron]

Met sy vermenging van die Christendom met klassieke kultuur[7] was Prudentius een van die gewildste Middeleeuse skrywers[8]. Hy is so laat as die 13de eeu in dieselfde asem genoem as Horatius en Statius in Henri d'Andeli se Stryd van die Sewe Kunste tussen Grammatika (poësie) en Logika.[9]

Werke

[wysig | wysig bron]

Die lys van Prudentius se werke wat in die voorwoord tot sy outobiografie gegee word maak melding van die himnes, gedigte teen die Priscillianiste en teen Simmachus en Peristefanon. Die Diptychon word nie genoem nie. Die twaalf himne van die Cathemerinon liber bestaan uit ses vir daaglikse gebruik, vyf vir feeste, en een vir elke uur van die dag.

Die spesifieke werke sluit in:

  • Liber Cathemerinon ("Boek in ooreenstemming met die Ure"): dit bevat 12 liriese gedigte oor verskeie tye van die dag en oor kerkfeeste .
  • Liber Peristephanon ("Krone van Martelaarskap"): dit bevat 14 liriese gedigte oor Spaanse en Romeinse martelaars. Sommige is geïinspireer deur heilige beeld in kerke of deur die inskripsies van Pous Damasus I.
  • Apotheosis ("Deïfikasie"): die werk val afvalliges van die Drie-eenheid en die goddelikheid van Jesus aan.
  • Hamartigenia ("Die Oorsprong van Sonde"): val die Gnostiese dualiteit van Marcion van Sinope en sy volgelinge aan. In hierdie werk en in die Apotheosis is Tertullianus die bron van inspirasie.
  • Psychomachia ("Geveg van Siele"): beskryf die stryd van geloof, ondersteun deur die deugde teen afgodsdiens en die gepaardgaande ondeugde.
  • Libri contra Symmachum ("Boeke teen Symmachus"): opponeer die heidense senator Symmachus se versoeke dat die altaar van Victoria, wat deur Gratianus verwyder is,[10] teruggeskuif word na die Senaatshuis.
  • Dittochæon ("Die Dubbele Testament"): bevat 49 kwatryne wat bedoel is as inskripsies vir die muurskilderye van 'n basiliek in Rome.[10]

Uitgawes

[wysig | wysig bron]
  • Bergman, J. (ed.). Aurelii Prudenti Clementis carmina. Vienna: Hölder-Pichler-Tempsky, 1926. (Corpus Scriptorum Ecclesiasticorum Latinorum, 61).
  • Cunningham, M.P. (ed.). Aurelii Prudentii Clementis Carmina. Turnhout: Brepols, 1966 (Corpus Christianorum. Series Latina, 126).
  • Thomson, H.J. (ed. and trans.). Prudentius. 2 vols. Cambridge, Massachusetts: Drukpers van Harvard-universiteit, 1949-53 (Loeb-klassieke biblioteek).
  • Tränkle, H. (ed.). Prudentius, Contra Symmachum - Gegen Symmachus. Turnhout: Brepols, 2008. 284 p. (Fontes Christiani, 85).

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 H. J. Rose, A Handbook of Classical Literature (1967) p. 508
  2. H. J. Rose, A Handbook of Classical Literature (1967) p. 508-9
  3. Gilbert Highet, Juvenal the Satirist (1960) bl. 184
  4. C. S. Lewis, The Allegory of Love (2013) p. 83
  5. Helen Waddell, The Wandering Scholars(1968) p. 48
  6. Aangehaal in B. Machosky, Structures of Appearing, vryelik vertaal in Afrikaans (2012) bl. 85
  7. J. M. Wallace-Hadrill, The Barbarian West (1964) p. 12
  8. J. Broussard, The Civilization of Charlemagne (1968) p. 58
  9. Helen Waddell, The Wandering Scholars (1968) p. 141-2
  10. 10,0 10,1 Chisholm 1911.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Albrecht, M. von. 1997. "Prudentius." In A History of Roman Literature: From Livius Andronicus to Boethius with Special Regard to its Influence on World Literature. Vol. 2. Deur M. von Albrecht. Leiden, Nederland: Brill.
  • Cameron, A. 2011. The last Pagans of Rome. New York: Drukpers van die Universiteit van Oxford.
  • Conybeare, C. 2007. "Sanctum, Lector, Percense Volumen: Snakes, Readers, and the Whole Text in Prudentius’s Hamartigenia." In The Early Christian Book. Geredigeer deur W. E. Klingshirn en L. Safran, 225–240. Washington, DC: Drukpers van die Katolieke-universiteit van Amerika.
  • Deferrari, Roy J., en James Marshall Campbell. 1932. A Concordance of Prudentius. Cambridge, Mass.: The Mediaeval Academy of America.
  • Dykes, A. 2011. Reading Sin in the World: The Hamartigenia of Prudentius and the Vocation of the Responsible Reader. Cambridge, Verenigde Koninkryk: Drukpers van die Universiteit van Cambridge.
  • Fux, P.-Y. 2003. Les sept passions de Prudence (Peristephanon 2.5.9. 11–14): Introduction générale et commentaire. Fribourg, Switserland: Éditions Univ. Fribourg Suisse.
  • Fux, Pierre-Yves. 2013. Prudence et les martyrs: hymnes et tragédie (Peristephanon 1.3-4.6-8.10). Commentaire, Paradosis 55, Fribourg, Switserland
  • Gnilka, Christian 2000: Prudentiana I. Critica. K. G. Saur, München.
  • Gnilka, Christian 2001: Prudentiana II. Exegetica. K. G. Saur, München.
  • Gnilka, Christian 2003: Prudentiana III. Supplementum. K. G. Saur, München.
  • Gnilka, Christian 2017: Contra orationem Symmachi, Eine kritische Revue. Aschendorff, Münster.
  • Gnilka, Christian 1963: Studien zur Psychomachie des Prudentius (= Klassisch-Philologische Studien 27), Harrassowitz, Wiesbaden.
  • Krollpfeifer, Lydia 2017. Rom bei Prudentius. Dichtung und Weltanschauung in »Contra orationem Symmachi« (=Vertumnus. Berliner Beiträge zur Klassischen Philologie und zu ihren Nachbargebieten. Vol. 12). Goettingen: Ruprecht-uitgawe.
  • Lease, Emory B. 1895. A Syntactic, Stylistic and Metrical Study of Prudentius. Baltimore: The Friedenwald Company.
  • Malamud, M. 1989. A Poetics of Transformation: Prudentius and Classical Mythology. Ithaca, NY, en Londen: Drukpers van Cornell-universiteit.
  • Malamud, M. A. 1990. "Making a Virtue of Perversity: The Poetry of Prudentius." In The Imperial Muse: Ramus Essays on Roman Literature of the Empire. Geredigeer deur A. J. Boyle, 64–88. Bendigo, Australië: Aureal.
  • Mastrangelo, M. 2008. The Roman Self in Late Antiquity: Prudentius and the Poetics of the Soul. Baltimore: Johns Hopkins Univ. Press
  • O’Daly, G. 2011. "Choosing to be a Christian poet: Prudentius, Praefatio and Cathemerinon 2.37–56." In Noctes Sinenses: Festschrift für Fritz-Heiner Mutschler zum 65. Geburtstag. Geredigeer deur A. Heil, M. Korn en J. Sauer, 373–378. Heidelberg, Duitsland: Winter.
  • Palmer, A.M. 1989. Prudentius on the Martyrs. Oxford: Clarendon.
  • Pucci, J. 1991. "Prudentius’ Readings of Horace in the Cathemerinon." Latomus 50:677–690.
  • Roberts, M. 1993. Poetry and the Cult of the Martyrs: The Liber Peristephanon of Prudentius. Ann Arbor: Drukpers van die Universiteit van Michigan.
  • Roberts, M. 2001. "Rome Personified, Rome Epitomized: Representations of Rome in the Poetry of the Early Fifth Century." American Journal of Philology 122:533–565.
  • Witke, C. 1968. "Prudentius and the Tradition of Latin Poetry." Transactions of the American Philological Association 99:509–525.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]