Rosa Luxemburg
Rosa Luxemburg | |
Persoonlike besonderhede
| |
---|---|
Gebore | 5 Maart 1871 Zamość, Russiese Ryk (tans Pole) |
Sterf | 15 Januarie 1919 Berlyn, Republiek van Weimar (tans Duitsland) |
Politieke party | Proletariese Party Sosiaal-Demokratiese Party van die Koninkryk van Pole en Litaue Sosiaal-Demokratiese Party van Duitsland Onafhanklike Sosiaal-Demokratiese Party Spartakus-Liga Kommunistiese Party van Duitsland |
Eggenoot/-note | Gustav Lübeck Leo Jogiches |
Alma mater | Universiteit van Zürich |
Religie | Judaïsme, later Ateïsme |
Rosa Luxemburg (1871–1919), wat volgens haar geboortesertifikaat op 5 Maart 1871 as Rosalia Luksenburg in Zamość, Pole van Joodse afkoms gebore is; was een van die belangrike leiers van die Europese arbeidersbeweging en 'n vasbeslote voorstander van die proletariese internasionalisme.
Sy lewer veral in die Poolse en Duitse sosiaal-demokratiese beweging 'n groot bydrae tot die Marxistiese teorie en tree as 'n baie aktiewe antimilitariste op. As 'n protes teen die Duitse deelname in die Eerste Wêreldoorlog stig sy in 1914 die Gruppe Internationale en word saam met Karl Liebknecht leier van die latere Spartakusbund, wat as opvolger van die Gruppe Internationale optree.
As politieke skrywer gee sy 'n groot aantal essays, wat die beleid van haar tydperk kritiseer, en ekonomiese analises uit. Sy word later mede-uitgewer van die linkse koerant Die Rote Fahne.
Teen die einde van die jaar 1918 is sy een van die stigters van die Kommunistiese Party van Duitsland (KPD) en stel sy partyprogram saam. Na die mislukte Spartakus-opstand van 1919 is Rosa Luxemburg saam met Karl Liebknecht op 15 Januarie deur anti-republikeinse Freikorpslede in Berlyn vermoor. Die presiese omstandighede van hierdie politieke moord is nie bekend nie.
Rosa Luxemburg se teoretiese en praktiese werk vir die sosialistiese beweging en die internasionale solidariteit van die arbeidersklas en haar optrede teen militarisme en oorlog maak van haar een van die belangrikste politici van die vroeë 20ste eeu, wat ook buite haar party en Duitsland groot erkenning geniet.
Die jaarlikse herdenking van die moord op Rosa Luxemburg en Karl Liebknecht, wat op die tweede Sondag van Januarie in Berlyn plaasvind, is nog steeds een van die grootste politieke betogings van Duitsland. Sedert die hereniging van Duitsland het dit egter afgeneem. Op 13 Januarie 2008 byvoorbeeld het 'n LLL-betoging volgens die pers 10 000 en volgens die Duitse owerhede net 3 500 deelnemers gehad.[1]
Bronne
[wysig | wysig bron]- Feliks Tych: Luksemburg (Rosalia). In: Polski Slownik Biograficzny. T. III/1. Wroclaw. 1973 (pl)
- I. Jashborowskaja, J. Jewserow: Rosa Luxemburg. Biographische Skizze. Moskou. 1974 (ru)
- Gilbert Badia: Rosa Luxemburg. Journaliste, Polémiste, Révolutionaire. Parys. 1975 (fr)
- Aleksander Kochanski: Róza Luksemburg. Warskou. 1976 (pl)
- Richard Abraham: Rosa Luxemburg. A life for the International. Oxford, Engeland. 1989 (en)
- Elzbieta Ettinger: Rosa Luxemburg. Ein Leben. (de)
- Norman Geras: Rosa Luxemburg. Kämpferin für einen emanzipatorischen Sozialismus. Londen. 1976 (de)
- Donald E. Shepardson: Rosa Luxemburg and the Noble Dream. Peter Lang Publications. New York. 1996. ISBN 0-8204-2739-X (en)
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rosa Luxemburg.