Skandinawiese Monument
Die Skandinawiese Monument is 'n monument wat te Magersfontein opgerig is ter herdenking aan die slag van Magersfontein waartydens die Skandinawiese Korps swaar verliese gely het onder Britse vuur. Hierdie monument staan op ’n afgeleë koppie en is slegs te voet bereikbaar. Die monument is Noord-Wes van die Magersfonteinkop opgerig. Die werklike slagting het plaasgevind Suid-Oos van die Magersfonteinkop. Op dié slagveld is twee Nordiese Kruise opgerig.
Die Hoofmonument
[wysig | wysig bron]Die koste vir die oprigting van die monument is deur die Zuid-Afrikaans Skandinaviese Organisatie ingesamel in die Skandinawiese lande. Die monument bestaan uit ’n ruwe graniet obelisk van 7,3 meter hoog, omring deur 4 kleiner granietblokke. Die 4 granietblokke is met kettings aanmekaar verbind. Die monument is van Sweedse graniet en die kunswerk van 15 ton, is volledig vanuit Swede ingevoer.
Die 4 granietblokke verteenwoordig die 4 deelnemende lande wat hulle aan die kant van die Boere geskaar het, naamlik Noorweë, Swede, Denemarke en Finland. Op elke granietblok is ook ’n Walkure uitgebeeld. Sy personifiseer een van die Skandinawiese lande. Walkure is volgens die Germaanse godsdiens die doodsgodinne wat gesneuwelde krygers van die slagveld haal en hulle na die Walhalla (Germaanse hemel) neem. Die Walkure staan onder gesag van Odin of Wodan, die Oppergermaanse God, na wie Woensdag vernoem is.
Die monument is op 25 April 1908 deur Generaal Louis Botha onthul.
Aanvanklik was die versorging van die monument toevertrou aan die N.G. kerk te Kimberley.
Van die 29 name wat gelys is, het 23 tydens in die Slag van Magersfontein gesneuwel of aan wonde beswyk wat hulle daar opgedoen het. Die orige name is lede van die Skandinawiese korps wat later in die Anglo-Boereoorlog gesneuwel het.
Op die sentrale suil is ’n rune-knoopontwerp en “Magersfontein XI XII MDCCCXCIX” (Magersfontein 11-12-1899) in die graniet uitgebeitel.
Inskripsies
[wysig | wysig bron]Op elke granietblok staan ’n Walkure afgebeeld. Op haar skild staan die name van die manne wat sy kom haal. Sy sal hulle vergesel na die Walhalla: Die inskripsies is soos volg:
Svea (Swede)
[wysig | wysig bron]- De kunde icke vika
- Blott falla kunde de
- Dit beteken:
- Hulle kon nie wyk nie maar moes val
- Stupade Svenske Hjältan
- Dit beteken:
- Gevalle Sweedse Helde
- G.F. Ahlström
- J. Anderson
- G.D. Appelgren
- W. Blombergson
- N.A. Johnson
- E. Lindström
- N.H. Nyqvist
- G.A. Ohlsson
- J. Ruthström
- J. Flygare
- D.A. Landgren
- O. Mark
- A.E. Ohlsson
- F. Osberg
- O. Stael von Holstein
- G. Lindenberg
- G. van Rassow
Suomi (Finland)
[wysig | wysig bron]- Pa tappre man
- Se tappre faders andar ned
- Dit beteken:
- Die dapper manne word gesien deur die geeste van die dapper voorvaders.
- H. Hagglof
- E. Matsson
- J. Jakobsson
Nora (Noorweë)
[wysig | wysig bron]- Nu tier stridens larm paa valen
- I mindet lever heltens ry
- Dit beteken:
- Stil is dit nou na die slagting. Die roem van die helde sal altyd in ons gedagtes bly
- J. Dalen
- O. Nielsen
- E. Olsen
- Faldne heltemodige Nordmænd
- Dit beteken:
- Gevalle dappere Noorse manne
Dana (Denemarke)
[wysig | wysig bron]- Nu hvile deres ben
- Bag hojens bautasten
- Dit beteken:
- In die heldegraf rus hulle liggame
- A. B. Jacobsen
- A.J. Goetterup
- P. Jacobsen
- F. Olesen
- L. Rubbeck
Nordiese Kruise
[wysig | wysig bron]Ofskoon die koppieterrein as staanplek vir die hoofmonument gekies is, is die eintlike grafte van dié manne in die veld suidoos van die vernaamste Magersfonteinkop waar dubbel-Waldemaarkruise (of Nordiese kruise) van rooierige graniet staan bo-op ’n kliphoop. Dit dui die grafte van die Skandinawiërs aan wat in die slag gesneuwel het, asook min of meer die gebied waar hulle gesterf het. Hoewel ander Boere- en Britse gesneuweldes opgegrawe is om elders herbegrawe te word, rus die Skandinawiërs steeds in hulle oorspronklike grafte op die slagveld. Die opskrif op die kruise lui as volg:
Till minne av här stupade skandinaver, 11 December 1899. De kunde icke vika, blott falla kunde de. (Ter nagedagtenis aan die Skandinawiërs wat hier geval het, 11 Desember 1899. Vir hulle was daar geen aftog nie – slegs te sterf).
Vriende in Skandinawië het bydraes vir die grafstene gelewer wat op 16 Desember 1927 deur General Jan Smuts onthul is.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Zuid-Afrikaanse Monumenten Album: A Dreyer: Uitgever G.D. van Tonder. Kaapstad 1916.
- Magersfontein Monuments: Fiona Barbour, McGregor Museum, Kimberley,1980.