Suzuki
Voorkoms
Suzuki Motor Corporation | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 1909 |
Hoofkantoor | Hamamatsu, Japan |
Sleutelpersone | Osamu Suzuki (hoof uitvoerende beampte en voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | motorvoertuie, enjins, motorfietse, ATV's, buiteboordmotors |
Inkomste | ¥2 578,3 miljard / $26,27 miljoen[1] (2012) |
Bedryfsinkomste | ¥80,4 miljard / $819 miljoen[1] (2012) |
Netto inkomste | ¥2 487,6 miljard / $25,34 miljard[1] (2012) |
Werknemers | 14 405[2] (Maart 2013) |
Webwerf | globalsuzuki.com suzuki.co.jp |
Suzuki Motor Corporation (Japannees: スズキ株式会社, Suzuki Kabushiki-Kaisha) is 'n Japannese multinasionale korporasie wat motorvoertuie vervaardig, insluitend motorfietse.
Geskiedenis
- 1920 Die Suzuki maatskappy bekend as "Suzuki Loom Works" wat tot op daardie datum in privaatbesit was, word 'n openbare maatskappy. Micho Suzuki word as die president verkies.
- 1952 Die maatskappy vervaardig 'n "help-my-trap" fiets genaamd die "Power Free". Dit beskik oor 'n 36 cc enkelsilinderenjin wat die fietsryer help trap, of afgeskakel kan bly.
- 1954 Suzuki vervaardig reeds 6 000 motorfietse per jaar en verander naam na Suzuki Motor Co
- 1962 Die maatskappy wen die 50cc klas in die wêreld se eerste Grand Prix Kampioenskap.
- 1966 Suzuki onthul die eerste motorfiets geskik vir die publieke mark, genaamd die X-6 Hustler, 'n 250cc masjien.[3]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 "Financial Results for FY2012" (PDF) (in Engels). Suzuki Motor Corporation. 9 Mei 2013. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 13 April 2014.
- ↑ "Outline". Global Suzuki (in Engels). Suzuki Motor Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2019. Besoek op 13 Maart 2014.
- ↑ "Suzuki se Webruim". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2007. Besoek op 21 Augustus 2007.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Suzuki.