Vaginale kanker
Vaginale kanker | ||
Klassifikasie en eksterne bronne | ||
ICD-10 | C52 | |
ICD-9 | 184.0 | |
DiseasesDB | 13693 | |
MedlinePlus | 001510 | |
eMedicine | med/3330 | |
MeSH | D014625 | |
Mediese waarskuwing |
Vaginale kanker is ’n soort kanker wat in die weefsel van die vagina voorkom. Primêre vaginale kanker is skaars en is gewoonlik ’n plaveiselselkarsinoom (PSS). Dit is meer algemeen dat die kanker van ander dele van die liggaam na die vagina versprei.
Vaginale kanker word veral aangetref by vroue bo 50 jaar, maar kan op enige ouderdom voorkom, selfs by babas. Dit kan dikwels genees word as dit betyds ontdek word. Chirurgie of ’n kombinasie van chirurgie en bestraling word gewoonlik gebruik om dit te behandel.
Tekens en simptome
[wysig | wysig bron]Daar is dikwels geen simptome nie en die kanker word meestal opgespoor tydens ’n roetine-ondersoek. As daar wel simptome is, is dit gewoonlik abnormale vaginale bloeding, wat ná seks of tydens, voor of ná menstruasie kan voorkom.[1]
Ander, minder spesifieke tekens sluit in moeilike of pynlike urinering, pyn tydens seks en pyn in die bekkenarea. Die verskillende fases is:
-
Fase 1
-
Fase 2
-
Fase 3
-
Fase 4A
-
Fase 4B
Diagnose
[wysig | wysig bron]Verskeie toetse word gebruik om vaginale kanker te diagnoseer,[2] soos:
- Fisieke ondersoek
- Bekkenondersoek
- Papsmear
- Biopsie
- Kolposkopie
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Vaginal Cancer". Gynocologic Malignancies (in Engels). Armenian Health Network, Health.am. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020. Besoek op 8 November 2007.
- ↑ "Vaginal Cancer Treatment – National Cancer Institute" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2015. Besoek op 29 Desember 2009.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Clearinghouse of Information for DES daughters and Sons
- National Cancer Institute: Vaginal Cancer
- UK vaginal cancer statistics
- Cancer.Net: Vaginal Cancer
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vaginale kanker.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia