Vickers F.B.5
Vickers F.B.5 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Vickers Limited |
Ontwerp deur | Archibald Reith Low |
Nooiensvlug | Oktober 1914 |
Onttrek | 1916 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruikers | Royal Flying Corps Aéronautique Militaire |
Aantal gebou | 224 |
Die Vickers F.B.5 was 'n Britse dubbeldekker, tweesitplek vegvliegtuig wat tydens die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit het die bynaam Gun Bus gehad. Hierdie vliegtuig is ontwikkel uit die Vickers Destroyer, een van die eerste vegvliegtuie. Dit was ontwerp volgens 'n spesifikasie van die Britse Admiraliteit vir 'n vliegtuig wat met masjiengewere toegerus is. Dit was inderdaad ook die eerste Britse vliegtuig wat met 'n masjiengeweer toegerus was. Dit is 'n tweesitplekontwerp met 'n stootskroefenjin. Met geen skroef aan die voorkant nie was die voorste sitplek toegeken aan die verkenner/boordskutter terwyl die vlieënier agter hom gesit het.
Die eerste van die vliegtuie het in Februarie 1915 aan die Wes-Front aangekom maar no 11 Eskader van die Royal Flying Corps het eers op 25 Julie 1915 in Frankryk arriveer. Dit was die eerste eskader wat vir die stryd toegerus was, en wel met die Vickers F.B.5. Alhoewel die vliegtuig sterk en stadig was het die vlieëniers gou geleer om die Fokker Eindecker te vermy waar moontlik. 'n Paar maande later is die vliegtuig onttrek van aktiewe diens en slegs vir opleiding gebruik.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef, stoot tipe |
Vervaardiger | Gnome Monosoupape stermotor |
Kraglewering per motor | 100 perdekrag |
Vlerkspan | 11,13 m |
Lengte | 8,2 m |
Hoogte | 3,51 m |
Vlerkoppervlakte | 35,5 m2 |
Maks. opstygmassa | 930 kg |
Maks. snelheid | 113 km/h |
Operasionele hoogte | 2 745 m |
Togafstand | 386 km |
Klimvermoë | 122 m per minuut |
Bewapening | Een 7,7 mm masjiengeweer voor in kajuit. |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9