Waddesee-eilande
Voorkoms
Die Waddesee-eilande vorm 'n argipel in die Waddesee, wat aan die oosrand van die Noordsee in noordwes Europa lê.
Die eilande strek van die noordwes van Nederland en die noordwes van Duitsland tot die weste van Denemarke en bestaan oor die algemeen uit opgedroogde moddervlaktes, strande en duine.
Die Waddesee-eilande (ook Friese Eilande genoem) bestaan uit vier/vyf groepe, van suidwes na noordoos:
- Wes-Friese Eilande in die Nederlandse provinsies Noord-Holland, Friesland en Groningen
- Oos-Friese Eilande in die Duitse deelstaat Nedersakse
- Helgolandbaai se eilande in die Duitse deelstate Nedersakse, Hamburg en Sleeswyk-Holstein
- Noord-Friese Eilande in die Duitsland deelstaat Sleeswyk-Holstein (en die Deense Jutland)
- Deense Waddesee-eilande [1] in die Deense Jutland
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Ook wel gereken tot die Noord-Friese Eilande.