Gaan na inhoud

Wilhelm Wien

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Wilhelm Wien

Wilhelm Carl Werner Otto Fritz Franz Wien (Duits: [ˈvɪlhɛlm ˈviːn]; 13 Januarie 186430 Augustus 1928) was 'n Duitse fisikus wat in 1893 teorieë oor warmte en elektromagnetisme gebruik het om Wien se verplasingswet af te lei, wat die emissie van 'n swartliggaam by enige temperatuur uit die emissie by enige verwysingstemperatuur bereken.

Hy het ook 'n uitdrukking vir die swartliggaambestraling geformuleer, wat korrek is in die fotongas-limiet. Sy argumente was gebaseer op die idee van adiabatiese invariansie, en was instrumenteel vir die formulering van kwantummeganika. Wien het in 1911 die Nobelprys vir Fisika ontvang vir sy werk oor termiese straling.

Hy was 'n neef van Max Wien, die uitvinder van die Wien-brug.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Rüchardt, E. (1936). "Zur Entdeckung der Kanalstrahlen vor fünfzig Jahren". Naturwissenschaften. 24 (30): 57–62. Bibcode:1936NW.....24..465R. doi:10.1007/BF01473963. S2CID 33211480.
  • Rüchardt, E. (1955). "Zur Erinnerung an Wilhelm Wien bei der 25. Wiederkehr seines Todestages". Naturwissenschaften. 42 (3): 57–62. Bibcode:1955NW.....42...57R. doi:10.1007/BF00589524. S2CID 42482780.