Zhou Guanyu
Zhou Guanyu | |
---|---|
Zhou in 2019
| |
Geboortedatum | 30 Mei 1999 |
Geboorteplek | Shanghai, China |
Nasionaliteit | |
Ou span(ne) | Prema Theodore Racing Motopark UNI-Virtuosi Alfa Romeo-Ferrari |
Span in 2024 | Kick Sauber-Ferrari |
Motornommer | 24 |
Inskrywings | 68 (68 begin) |
Kampioenskappe | F3 Asiatiese Kampioenskap FIA Europese Formule 3 2016-18 Toyota Racing Series Italiaanse F4 Kampioenskap ADAC Formule 4 |
Oorwinnings | 0 |
Podiums | 0 |
Loopbaanpunte | 16 |
Voorste wegspronge | 0 |
Vinnigste rondtes | 2 |
Eerste F1-wedren | 2022 Bahreinse Grand Prix |
Laaste inskrywing | 2024 Aboe Dhabi Grand Prix |
Laaste seisoen | 2023 |
Verlede jaar plek | 18de (6 punte) |
Zhou Guanyu (Chinees: 周冠宇; pinyin: Zhōu Guànyǔ; gebore 30 Mei 1999) is 'n Chinese beroepsrenjaer wat deel is van die Alfa Romeo-fabriekspan sedert die 2022 Formule Een-seisoen. Hy was 'n lid van die Ferrari-bestuurdersakademie van 2014 tot 2018, en was die ontwikkelingsbestuurder vir die Formule E-span DS Techeetah in 2018, en het in 2020 en 2021 vir UNI-Virtuosi Racing aan Formule Twee deelgeneem.[1][2]
Guanyu se loopbaan as beroepsrenjaer het in 2015 begin, toe hy deelgeneem het aan die Italiaanse F4 en die ADAC Formule 4-kampioenskappe onder Prema Racing. In 2016 ry hy onder Motopark in the Europese Formule 3-kampioenskap,[3] en dan weer vir Prema Racing in 2017 en 2018.[4]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Knortjorre
[wysig | wysig bron]Guanyu het met knortjorre (karting) begin toe hy 8 jaar oud was in China, maar in 2012 verhuis hy na die Verenigde Koninkryk om 'n meer mededingende omgewing te ervaar. In 2013 het hy vir die Sheffield-gebaseerde Strawberry Racing-span gejaag, waar hy in die Super 1 Nasionale Rotax Max Juniorkampioenskap meegeding het en 'n eerste plek behaal het[5] en Rotax Max Euro Challenge waar hy ook 'n eerste plek behaal het.[6] In sy laaste jaar met knortjorre, het Zhou 'n tweede plek in die Rotax Max Senior Euro-uitdaag behaal en in die WSK Kampioenskapsbeker en die KF2 Europese Kampioenskap deelgeneem.
Formule 4
[wysig | wysig bron]Guanyu het by Prema Theodore Racing aangesluit vir die 2015 Italiaanse F4-kampioenskap, waar hy 'n algehele tweede plek behaal het.
FIA Formule 3 Europese Kampioenskap
[wysig | wysig bron]Guanyu het by Motopark aangesluit vir die 2016 FIA Formule 3 Europese Kampioenskap waar hy 'n algehele 13de plek behaal het. Hy het in sy tweede Formule 3-seisoen weer by Prema Theodore Racing aangesluit en behaal 'n 8ste plek.[7] Hy bly vir 'n derde seisoen in Formule 3 en ry steeds vir Prema, waar hy weer 'n 8ste plek behaal.[8]
FIA Formule 2
[wysig | wysig bron]Guanyu sluit aan by UNI-Virtuosi Racing saam met Luca Ghiotto vir die 2019 Formule 2-kampioenskap.[9][10] Hy behaal 'n 7de plek en ontvang die Anthoine Hubert toekenning. Zhou bly by UNI-Virtuosi Racing vir die 2020-seisoen waar hy sy tweede Formule 2 voorste- wegsprongplek behaal by die Red Bull Ring,[11] maar as gevolg van elektroniese probleme eindig hy die wedren in die 17de plek.[12] Later in die jaar wen hy sy eerste Formule 2-ren in Sochi.[13] Teen die einde van 2020 neem hy die 6de plek algeheel in. Hy begin die 2021-seisoen met UNI-Virtuosi en wen sy eerste resies in Bahrain.[14]
Formule 1
[wysig | wysig bron]In 2014 sluit Guanyu by die Ferrari-bestuurdersakademie aan terwyl hy ook besig bly met knortjorre.[15] Hy was 'n lid van die Akademie tot die einde van 2018. In 2019, sluit hy by die Renault Sportakademie aan en tree op as 'n ontwikkelingsbestuurder vir die Renault Formule Een-span.[16] In 2020 word Zhou bevorder na toetsbestuurder vir die Renault Formule Een-span.[17]
Alfa Romeo (2022–)
[wysig | wysig bron]Op 16 November 2021 is Guanyu gekontrakteer om by Alfa Romeo aan te sluit vir die 2022 Formule Een-seisoen, waar hy saam met Valtteri Bottas as spanmaat deelneem.[18] Hy is China se eerste Formule Eenbestuurder, in 'n persverklaring sê Guanyu dat hy "goed voorbereid is vir die enorme uitdaging van Formule Een" en dat sy toetrede tot Formule Een 'n "deurbraak vir Chinese motorsportgeskiedenis" is.[19]
Formule Een-uitslae
[wysig | wysig bron]
|
|
Jaar | Inskrywer | Onderstel | Enjin | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | Plek | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2022 | Alfa Romeo Racing | Alfa Romeo C42 | Ferrari 066/7 V6 | BHR 10 |
SAU 11 |
AUS 11 |
EMI 15 |
MIA DNF |
SPA DNF |
MON 16 |
AZE DNF |
KAN 8 |
GBR DNF |
OOS 14 |
FRA 16 |
HON 13 |
BEL 14 |
NED 16 |
ITA 10 |
SIN DNF |
JPN 16V |
VSA 12 |
MXS 13 |
SAP 12 |
ABU 12 |
18 | 6 | ||
2023 | Alfa Romeo Racing | Alfa Romeo C43 | Ferrari 066/10 V6 | BHR 16V |
SAU 13 |
AUS 9 |
AZE DNF |
MIA 16 |
MON 13 |
SPA 9 |
KAN 16 |
OOS 12 |
GBR 15 |
HON 16 |
BEL 13 |
NED DNF |
ITA 14 |
SIN 12 |
JPN 13 |
KAT 9 |
VSA 13 |
MXS 14 |
SAP DNF |
LSV 15 |
ABU 17 |
18 | 6 | ||
2024 | Kick Sauber | Kick Sauber C44 | Ferrari 066/12 1.6 V6 | BHR 11 |
SAU 18 |
AUS 15 |
JPN DNF |
CHN 14 |
MIA 14 |
EMI 15 |
MON 16 |
KAN 15 |
SPA 13 |
OOS 17 |
GBR 18 |
HON 19 |
BEL DNF |
NED 20 |
ITA 18 |
AZE 16 |
SIN 15 |
VSA 19 |
MXS 15 |
SAP 15 |
LSV 13 |
KAT 8 |
ABU 13 |
20ste | 4 |
Knortjor-loopbaanrekord
[wysig | wysig bron]Seisoen | Reeks | Span | Posisie |
---|---|---|---|
2010 | Kartmasters British Grand Prix — Rotax Mini Max | 14de | |
2011 | Trent Valley Kart Club — Mini Max | 10de | |
2012 | Kartmasters British Grand Prix — Rotax Junior | Strawberry Racing | 6de |
Super 1 National Kart Championships — Rotax Mini Max | 4de | ||
Rotax Max Euro Challenge — Junior | Strawberry Racing | 8ste | |
Rotax International Open — Junior | 6de | ||
Rotax Max Challenge Grand Finals — Junior | RPM Racing Team | 8ste | |
2013 | Rotax Max Wintercup — Rotax Max Junior | Strawberry Racing | 2de |
Super 1 National Kart Championships — Rotax Max Junior | 1ste | ||
Rotax Max Euro Challenge — Junior | 1ste | ||
Rotax International Open — Junior | 3de | ||
Rotax Max Challenge Grand Finals — Junior | 3de | ||
2014 | Rotax Max Wintercup — Rotax Max Senior | Strawberry Racing | 2de |
Rotax Max Euro Challenge — Senior | 2de | ||
Rotax Max Challenge Grand Finals — Senior | 16de | ||
South Garda Winter Cup — KF | 12de | ||
WSK Champions Cup — KF | 32ste | ||
WSK Super Master Series — KF | 27ste | ||
CIK-FIA European Championship — KF | 44ste | ||
CIK-FIA World Championship — KF | NC |
Renmotorrekord
[wysig | wysig bron]Seisoen | Reeks | Span | Resies | Wenne | Voor Wegspronge | V/Rondtes | Podiums | Punte | Plek |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2015 | Italian F4-kampioenskap | Prema Powerteam | 21 | 3 | 2 | 0 | 9 | 223 | 2de |
ADAC Formule 4-kampioenskap | 9 | 0 | 0 | 0 | 2 | 45 | 15de | ||
2016 | 2016 FIA Formule 3 Europese kampioenskap | Motopark | 30 | 0 | 0 | 0 | 2 | 101 | 13de |
2016 Formule 3 Meesters | 1 | 0 | 0 | 1 | 0 | N/A | 16de | ||
2016 Macau Grand Prix | 1 | 0 | 0 | 0 | 0 | N/A | 15de | ||
2016 Toyota Racing Series | M2 Competition | 15 | 1 | 0 | 1 | 4 | 685 | 6de | |
2017 | 2017 FIA Formule 3 Europese kampioenskap | Prema Powerteam | 30 | 0 | 0 | 0 | 5 | 149 | 8ste |
2017 Macau Grand Prix | 1 | 0 | 0 | 0 | 0 | N/A | 8ste | ||
2017–18 | 2017–18 Formule E kampioenskap | Techeetah | Ontwikkelingsbestuurder | ||||||
2018 | 2018 FIA Formule 3 Europese kampioenskap | Prema Theodore Racing | 30 | 2 | 3 | 1 | 6 | 203 | 8ste |
2018 Macau Grand Prix | SJM Theodore Racing by Prema | 1 | 0 | 0 | 0 | 0 | N/A | 11de | |
2019 | 2019 FIA Formule 2 kampioenskap | UNI-Virtuosi Racing | 22 | 0 | 1 | 2 | 5 | 140 | 7de |
2020 | 2020 FIA Formule 2 kampioenskap | UNI-Virtuosi Racing | 24 | 1 | 1 | 4 | 6 | 151.5 | 6de |
2020 Formule Een Wêreldkampioenskap | Renault DP World F1 Span | Toetsbestuurder | |||||||
2021 | 2021 FIA Formule 2 kampioenskap | UNI-Virtuosi Racing | 17 | 3 | 1 | 1 | 7 | 142 | 2de |
2021 F3 Asiatiese kampioenskap | Abu Dhabi Racing by Prema | 15 | 4 | 5 | 5 | 11 | 257 | 1ste | |
2021 Formule Een Wêreldkampioenskap | Alpine F1 Span | Toetsbestuurder |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2021. Besoek op 16 November 2021.
- ↑ "Alfa Romeo announce Guanyu Zhou as Valtteri Bottas's team mate for 2022". Formula 1 (in Engels). 16 November 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2021. Besoek op 16 November 2021.
- ↑ https://web.archive.org/web/20160216092327/http://www.gpupdate.net/en/f3-news/335493/ferrari-protege-zhou-joins-motopark-in-f3/
- ↑ http://www.motorsport.com/eurof3/news/zhou-switches-to-prema-for-sophomore-f3-season-858756/
- ↑ https://www.driverdb.com/championships/standings/super-1-national-rotax-max-junior/2013/
- ↑ https://www.driverdb.com/championships/standings/rotax-max-euro-challenge---junior/2013/
- ↑ https://us10.campaign-archive.com/?u=bb292528f42b91c80f87ee84b&id=3881df3a32
- ↑ https://www.motorsport.com/eurof3/news/zhou-sticks-with-prema-for-third-f3-season-995002/
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2019. Besoek op 16 November 2021.
- ↑ https://formulascout.com/guan-yu-zhou-steps-up-to-f2-with-uni-virtuosi/46872
- ↑ https://www.gptoday.net/en/news/f1/256287/qualifying-zhou-storms-to-feature-race-pole-ahead-of-drugovich
- ↑ https://www.autosport.com/f2/news/150341/ilott-leads-ferrari-123-to-win-austria-f2-feature
- ↑ https://www.fiaformula2.com/Latest/3WQLtRL4O83yfysAwvsXnL/zhou-grabs-first-f2-win-as-ghiotto-and-aitken-crash-ends-sochi-sprint-race
- ↑ https://www.fiaformula2.com/Latest/2KxPFaIoNmlPKIuqbLYL0l/feature-race-zhou-fights-to-first-feature-race-win-with-inspired-performance
- ↑ http://www.formulascout.com/chinese-karter-guanyu-zhou-joins-ferrari-driver-academy/18772
- ↑ https://www.formula1.com/en/latest/article.chinese-youngster-guanyu-zhou-joins-renault-as-development-driver.2ICXOWBW0NZLtaYQTOzIKX.html
- ↑ https://www.formula1.com/en/latest/article.chinese-driver-guanyu-zhou-takes-step-towards-f1-with-renault-test-role.25vCCv1KF4BDYgbEsbx3rg.html
- ↑ https://formulascout.com/chinas-guanyu-zhou-to-race-for-alfa-romeo-in-f1-in-2022/86684
- ↑ https://www.sauber-group.com/motorsport/f1-news/enter-the-dragon-guanyu-zhou-joins-alfa-romeo-racing-orlen-for-2022/