1661
Voorkoms
1661 |
◄ | 16de eeu | ◄17de eeu► | 18de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1656 | 1657 | 1658 | 1659 | 1660 | ◄ 1661 ► | 1662 | 1663 | 1664 | 1665 | 1666 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1661 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1661 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 61ste jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 25 Julie – Die Nederlandse kommandant aan die Kaap, Jan van Riebeeck, skrywe in sy Dagregister dat die eerste lemoene in die Kompanjiestuin in Kaapstad gepluk is. 'n Paar lemoen- en suurlemoenboompies is in 1654 van St. Helena en Indië af gebring en in die Kompanjiestuin en op Van Riebeeck se plaas Bosheuwel geplant.
- 30 Augustus – Pous Alexander VII se Korsikaanse wag vermoor 'n bediende van die Franse ambassadeur in Rome.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 9 Junie – Fjodor III van Rusland, tsaar van Rusland († 1682)
- Onbekend – Wladimir Atlasof, ’n ontdekkingsreisiger in Siberië († 1711)
- Onbekend – Peter van Dievoet, Belgiese, gebore te Brussel beeldhouer en argitek († 1729)
- Onbekend – Daniel Marot, Franse Protestant, argitek, meubelier en graveur († 1752).