Grasui
Grasui | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. schoenoprasum
|
Binomiale naam | |
Allium schoenoprasum |
Grasui is die Afrikaanse benaming vir Allium schoenoprasum, die kleinste spesie van die eetbare uie.[1]
Dit is 'n gewilde, eetbare meerjarige plant en kom wydverspreid in die natuur voor in groot dele van Europa, Asië en Noord-Amerika.[2] A. schoenoprasum is die enigste uispesie wat inheems is aan beide die Ou- en Nuwe wêreld.
Die wetenskaplike naam van die spesie is afgelei van die Griekse skhoínos (riete) en práson (leek).[3] Die Engelse naam chive is afgelei van die Franse woord cive en van cepa, die Latynse woord vir uie.[4]
Grasuie is 'n algemeen gebruikte plant en kan in kruidenierswinkels gekoop word of in tuine gekweek word. In kookkuns word die lowwe en die onoopgemaakte, onvolwasse blomknoppe in blokkies gekerf en gebruik as 'n bestanddeel vir visgeregte, aartappeldisse, sop en ander geregte. Grasuie het insekwerende eienskappe wat gebruik kan word om peste in tuine te help beheer.[5]
Rou grasui Voedingswaarde per 100 g | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 30 kcal 130 kJ | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Skakel na USDA-databasis Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ LaFray, Joyce (1987). Tropic Cooking: The New Cuisine from Florida and the Islands of the Caribbean. Oakland: Ten Speed Press. p. 292. ISBN 0-89815-234-8.
- ↑ Allium schoenoprasum feiteblad, Missouri Botaniese tuin, URL besoek op 25 Januarie 2014
- ↑ Gräslök Uit: "Den virtuella floran", URL besoek op 13 Junie 2006
- ↑ Chives Uit: "homecooking.about.com", URL besoek op 13 Junie 2006
- ↑ Kaufman, Peter B. (1999). Natural Products from Plants. Boca Raton: CRC Press. p. 261. 084933134X.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |