New York Yankees
Die New York Yankees is 'n Amerikaanse professionele bofbalspan wat gebaseer is in die New Yorkse stadsdeel (Engels: "borough") the Bronx. Die Yankees ding mee in Hoofligabofbal (MLB) as 'n lid van die Amerikaanse Liga (AL) se Oostelike Divisie (AL-Oos). Die span is een van twee spanne wat uit New York Stad uit speel, saam met die Nasionale Liga (NL) se New York Mets. Die span is gestig in 1903 toe Frank Farrell en Bill Devery die franchiseregte tot die ontbinde Baltimore Orioles (1901–1902) (die span het geen verband met die huidige gelyknamige span nie) bekom het nadat dit bedrywighede gestaak het en hulle die regte gebruik het om die New York Highlanders te stig.[1]Alhoewel die geskiedenis van die New York Yankees teruggevoer kan word na die Baltimore Orioles van 1901-1902, word die Orioles span beskou as 'n aparte span deur Baseball-Reference.com,[2] die amptelike Major League Baseball historikus John Thorn[3] en in die amptelike Yankee geskiedenis.[1] Die Highlanders is in 1913 amptelike hernoem na die Yankees.[4]
Die span word besit deur Yankee Global Enterprises, 'n "limited liability company" (LLC) wat beheer word deur die familie van wyle George Steinbrenner. Steinbrenner het die span van CBS in 1973 gekoop. Tans is Brian Cashman die span se hoofbestuurder, Aaron Boone is die span se veldbestuurder, en Aaron Judge is die spankaptein. Die span se tuiswedstryde is van 1923 tot 1973, en van 1976 tot 2008, gespeel by die oorspronklike Yankee Stadium in die Bronx. In 1974 en 1975 het die Yankees Shea-stadion gedeel saam met die Mets, benewens die New York Jets en die New York Giants. In 2009 het hulle in 'n nuwe gelyknamige balpark begin speel wat langs die vorige fasiliteit gebou is wat gesloop is.[5] Die span is deurlopend onder die leiers in MLB-bywoning.[6]
Die span is waarskynlik die suksesvolste professionele sportfranchise in die Verenigde State[7][8] en het reeds 20 titels gewen in die Amerikaanse Liga se Oostelike Divisie, sowel as 41 AL wimpels en 27 Wêreldreekskampioenskappe, wat elk 'n rekord vir Hoofligabofbal is.[9][10] Die span het meer titels as enige ander franchise in die vier groot Noord-Amerikaanse sportligas gewen, nadat hulle kortliks agter die National Hockey League se Montreal Canadiens was tussen 1993 en 1999.[11] 44 spelers en 11 bestuurders van die Yankees is reeds opgeneem in die National Baseball Hall of Fame, wat baie van die mees ikoniese figure in die sport se geskiedenis insluit, soos Babe Ruth, Lou Gehrig, Joe DiMaggio, Mickey Mantle, Yogi Berra, Whitey Ford en Reggie Jackson; meer onlangse kandidate sluit in Mariano Rivera en Derek Jeter, wat die twee hoogste stempersentasies van alle Hall of Fame-lede ontvang het.[12][13]Volgens Forbes is die Yankees die naashoogs gewaardeerde sportfranchise in die wêreld, ná die National Football League se Dallas Cowboys, met 'n geskatte waarde in 2023 van ongeveer $7,1 miljard.[14] Die span is uiters gewild, met baie toegewyde aanhangers, maar het hom hierdeur ook die vyandskap van aanhangers van ander MLB-spanne op die hals gehaal.[15][16] Die span se wedywering met die Boston Red Sox is een van die bekendste wedywerings in Noord-Amerikaanse sport.[17] Die span se kenteken is internasionaal bekend as 'n mode item en ikoon van die Verenigde State.[18]
Die Yankees se algehele wen-verloor-gelykop rekord, van die 1903 seisoen deur na die 2023 seisoen, is 10,684-8,080-88 ('n wenpersentasie van .569)[19]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Yankees Timeline - 1900s". Yankees.com. MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Lynch, Mike (21 Julie 2014). "1901-02 Orioles Removed from Yankees History". Baseball-Reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2021. Besoek op 20 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ "Baseball-Reference.com removes 1901-02 Baltimore Orioles from Yankees history". Society for American Baseball Research. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2021. Besoek op 20 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ "Yankees Timeline - 1910s". Yankees.com. MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2022. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Wancho, Joseph (16 April 2009). "Indians throttle Yankees in grand opening of new Yankee Stadium". Society for American Baseball Research. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2021. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite news}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ "New York Yankees Attendance, Stadiums, and Park Factors". Baseball-Reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2022. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Acocella, Nick. "History of a dynasty". ESPN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2021. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite news}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Robertson, Matthew (21 Junie 2022). "The Houston Astros remain the class of the AL West and will provide tough test for both Mets, Yankees". New York Daily News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2022. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite news}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ "World Series History: 1999". Major League Baseball Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2022. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ "Major League Teams and Baseball Encyclopedia". Baseball-Reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2022. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Stainkamp, Michael (17 Augustus 2010). "A brief history: Montreal Canadiens". NHL.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2021. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite news}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Casella, Paul (21 Januarie 2020). "Highest voting percentages in HOF history". MLB Advanced Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2022. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite news}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ "New York Yankees Hall of Fame Register". Baseball-Reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2022. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Ozanian, Mike. "The World's 50 Most Valuable Sports Teams 2023". Forbes (in Engels). Besoek op 12 Desember 2023.
- ↑ "Team profile: The worldwide phenomenon of the New York Yankees". YouGov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 November 2021. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Enten, Harry (20 Julie 2017). "America Has Spoken: The Yankees Are The Worst". FiveThirtyEight. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2022. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite news}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ "Red Sox-Yankees is baseball's ultimate rivalry". USA Today. 20 Oktober 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Oktober 2007. Besoek op 4 Julie 2022.
{{cite news}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ Borden, Sam (25 Junie 2019). "Borden: Why the Yankees hat has become a global fashion sensation". ESPN. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2021. Besoek op 25 Julie 2022.
{{cite news}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp) - ↑ "New York Yankees Team History & Encyclopedia | Baseball-Reference.com". 15 November 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2022. Besoek op 21 November 2022.
{{cite web}}
: Cite has empty unknown parameter:|1=
(hulp)
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Weeks, Jonathan (18 Julie 2016). Baseball's Dynasties and the Players Who Built Them. Rowman & Littlefield. ISBN 9781442261570.
- Frommer, Harvey; Frommer, Frederic J. (2004). Red Sox vs. Yankees: The Great Rivalry. Sports Publishing, LLC. ISBN 1-58261-767-8.
- Johnson, Richard A.; Stout, Glenn; Johnson, Dick (2002). Yankees Century: 100 Years of New York Yankees Baseball. Houghton Mifflin Company. ISBN 0-618-08527-0.
- Prato, Greg (2014). Just Out of Reach: The 1980s New York Yankees. New York: Greg Prato Writer, Corp. ISBN 978-1494931230.
- Shaughnessy, Dan (2005). Reversing the Curse. Boston: Houghton Mifflin Company. ISBN 0-618-51748-0.
- Surdam, David G. (Desember 2008). "The New York Yankees Cope with the Great Depression". Enterprise and Society. 9 (4): 816–40. doi:10.1093/es/khn081. ISSN 1467-2227.
- New York Yankees: Manager and Coaches Geargiveer 25 Januarie 2007 op Wayback Machine
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met New York Yankees. |
- A Boy and His Job 1969-06-04. Elliott Ashley, bat boy for the New York Yankees, explains his duties in this documentary produced by National Educational Television, preserved in the American Archive of Public Broadcasting.
- Baseball-Reference.com – year-by-year franchise index
- Baseball Almanac
- Sports E-Cyclopedia